Verseker akkurate inskrywings

2019-07-24 06:00
Mazars Central is weer ’n borg van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie. By Thinus de Vries (agter), ’n vennoot van Mazars Central, is twee 2018-finaliste wat nou medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, De Wet Gerber (links) en Corné Pretorius.Foto: André Damons

Mazars Central is weer ’n borg van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie. By Thinus de Vries (agter), ’n vennoot van Mazars Central, is twee 2018-finaliste wat nou medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, De Wet Gerber (links) en Corné Pretorius.Foto: André Damons

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Betrokkenheid by die Matrikulant van die Jaar-kompetisie bied ’n wonderlike geleentheid om deel te hê aan die ontwikkeling van toekomstige leiers.

Só vertel Thinus de Vries, ’n vennoot van Mazars Central in Bloemfontein oor dié kompetisie waarvoor matrikulante van oor die land heen hulle kan inskryf.

Soos voorheen bied Mazars ’n kontantborgskap aan die kompetisie wat sedert 1981 deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied word.

Mazars Central is die onafhanklike ouditeure wat die akkuraatheid van die puntetoekennings van al die inskrywings wat ontvang is, en deur die beoordelaars evalueer is, bevestig.

“Ons bevestig dat die puntetoedeling in ooreenstemming met die riglyne is. Gedurende die kompetisienaweek woon personeellede van Mazars die evaluasie­sessies by en bevestig die akkuraatheid van die uitslae soos deur die beoordelaars bepaal,” sê De Vries.

Twee van 2018 se 14 topfinaliste, Corné Pretorius en De Wet Gerber, studeer albei vanjaar medies aan die UV. As voormalige leerlinge van onderskeidelik die Hoërskool Reitz en die Hoërskool Vrede, het hulle verlede jaar by die kompetisienaweek ontmoet.

Pretorius vertel dat hy en Gerber so goed oor die weg gekom het dat hulle besluit het om vanjaar ’n blyplek te deel.

Volgens Pretorius was die aanpassing by die universiteit nie te moeilik nie. “Ek het mense by die kompetisienaweek leer ken wat saam met my hierdie lang pad gaan stap, so daar was nog nie ’n oomblik waar ek gevoel het ek is alleen nie,” sê hy. “Ek dink die doel van só ’n kompetisie is om sulke mense te leer ken.” Hy is trots daarop dat hy sy eerste semester goed geslaag het.

Gerber vertel die aanpassing by die universiteit was vir hom enorm. “Dit was ’n groot aanpassing om te funksioneer tussen ’n hoeveelheid studente ses keer meer as my matriekklas. En die hoeveelheid werk is drie keer meer.”

  • Sy trotsste oomblik die afgelope ses maande, vertel hy, was die besef van sy eie onafhanklikheid en toe hy met sy eerste inkopietog vir die eerste keer self toilet- en kombuisware moes koop. Gr. 12-leerlinge van oor die land heen, wat in akademie presteer en ook by kultuur, sport en leierskap by hul skole betrokke is, kan hulle vir dié kompetisie inskryf. Gemeenskapsdiens en -betrokkenheid word ook in die beoordeling in ag geneem.

Maak asseblief seker dat al die inligting wat verskaf word, akkuraat is.

Pryse ter waarde van duisende rande is op die spel vir die wenner en die finaliste.

Bel Linda Greyling by 051-401-3384 (soggens) of stuur ’n e-pos na greylinl@ufs.ac.za.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.