Vind vertroosting in dans as kunsvorm

2018-04-18 06:02
Totto Théogène Niwenshuti, ’n danser wat in 1994 die Rwandese volksmoord oorleef het, bring sy vertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing na die William Humphreys-kunsgalery op 26, 27 en 28 April.

Totto Théogène Niwenshuti, ’n danser wat in 1994 die Rwandese volksmoord oorleef het, bring sy vertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing na die William Humphreys-kunsgalery op 26, 27 en 28 April.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Toe Suid-Afrikaners op 27 April 1994 in hul miljoene oor Suid-Afrika heen na stembusse gestroom het vir die land se eerste demokratiese verkiesing, het ’n jong Rwandese seun, Totto Théogène Niwenshuti, vir sy lewe gevlug gedurende die Rwandese volksmoord wat van 7 April tot 15 Julie 1994 in dié Afrika-land afgespeel het.

Tussen 500 000 en ’n miljoen Rwandese is na raming in hierdie bloedige 100 dae om die lewe gebring toe die Hutu-meerderheid etniese Tutsi’s weens hul afkoms vermoor het. ’n Verdere twee miljoen burgers het uit die land gevlug.

Niwenshuti, vandag ’n professionele danser, het die gruwels van die Rwandese volksmoord oorleef en vertroosting in dans as kunsvorm gevind.

Hy bring op 26, 27 en 28 April sy wedervaringe van die Rwandese volksmoord na Kimberley in die dansvertoning iNGENDO: Journeys to survival and healing.

Die vertoning sal in die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley opgevoer word. Dit weer­spieël Niwenshuti se voortdurende worsteling met die verlede en probeer om die impak wat die traumatiese geweld op hom en ander gemaak het, en die wreedheid waarmee dit afgespeel het, oor te dra.

Die vertoning op 26 April sal gevolg word deur ’n gesprek tussen Niwenshuti en prof. Yunus Ballim, visekanselier van die Sol Plaatje-universiteit.

Die Suid-Afrikaanse skrywer David Robbins sal ook ná die vertoning op 27 April by die William Humphreys-kunsgalery wees om sy boek Walking to Australia bekend te stel wat oor migrasie in die 21ste eeu handel.

Daar is ook ’n vertoning op 28 April.

Kaartjies kos R100 en studente betaal slegs R50. Kaartjies is by die voorste toonbank van die kunsgalery beskikbaar.

Stuur ’n e-pos aan movinghumanity@ gmail.com om te bespreek.

Skakel die William Humphreys-kunsgalery by 053-831-1724/5 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.