Vrou werp lig op rare toestand

2018-11-14 06:00
Camilla Neelse se borste het so groot geraak dat sy sukkel om uit haar bed op te staan.Foto: Christiaan Cloete

Camilla Neelse se borste het so groot geraak dat sy sukkel om uit haar bed op te staan.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Vrou van Roodepan in Kimberley lei aan ’n seldsame toestand, gigantomastie, wat veroorsaak dat haar borste onbeheersd aanhou groei.

Gigantomastie beïnvloed glo bindweefsel in die borste en veroorsaak dat dit oormatig en aanhoudend groei.

Die toestand word deur ’n reaksie op estrogeen en ander vroulike hormone, maar ook genetika, veroorsaak en kan tot pyn en ongemak lei.

Camilla Neelse, wat in haar jonger dae ’n kranige ballerina en danseres was, vertel dat haar borste oor die afgelope paar jaar so uitgesit het dat sy nie meer ’n bra kan dra nie en sy sukkel nou om uit haar bed op te staan. Haar borste weeg volgens haar gesamentlik meer as 14 kg.

Neelse sê dat haar borste elke twee maande met ongeveer 3 cm tot 5 cm groei.

Die gewig van haar borste het onlangs tot gevolg gehad dat sy haar sleutelbeen, borsbeen en skouers ontwrig het.

In 2016, ná jare se lyding, is gigantomastie by Neelse ­diagnoseer. Sedertdien veg sy ’n opdraande stryd.

“Die siekefonds wil nie vir die operasie betaal nie. Ek het al alles probeer en al baie met hulle baklei, maar dit help nie,” sê sy.

Volgens Neelse benodig sy meer as R85 000 vir ’n operasie om haar borste te laat verklein.

  • Gigantomastie Suid-Afrika is ’n nie-winsgewende organisasie wat Neelse begin het om Suid-Afrikaners wat hieraan ly, te help. Dié organisasie het Saterdag (10/11) ’n modevertoning in die Mittah Seperepere-konferensiesentrum gehou om geld vir haar operasie en vir ander gigantomastie-lyers in te samel.

Neelse vertel dat min mense dié geleentheid ondersteun het en dat al die geld wat ingesamel is, gebruik word om die uitgawes van die vertoning te delg.

Sy sê hulle beplan om inligtingsessies oor dié toestand in Kimberley aan te bied. Die datums en plekke sal later bepaal word.

Bel Wadaya Neelse by 064-216-8771 vir inligting.
Boipelo Mere

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.