‘Vuisvoos’ sakelui gee nie moed op

2018-08-08 06:00
Marie Parsons, president van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nokki), lewer ’n toespraak op die openingsgeselligheid van Nokki se handel-ekspo, wat vanjaar van Donderdag (02/08) tot Saterdag (04/08) in Kimberley gehou is. Foto: Christiaan Cloete

Marie Parsons, president van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nokki), lewer ’n toespraak op die openingsgeselligheid van Nokki se handel-ekspo, wat vanjaar van Donderdag (02/08) tot Saterdag (04/08) in Kimberley gehou is. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ondanks ’n uiters uitdagende jaar vir besigheid – in Suid-Afrika, asook in Kimberley – het die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nokki) se jaarlikse handel-ekspo van Donderdag (02/08) tot Saterdag (04/08) in die Mittah Seperepere-konferensiesentrum in die Diamantstad plaasgevind.

Marie Parsons, die president van Nokki, het Woensdagaand (01/08) in ’n openings­toespraak gesê dat dit nie ’n maklike jaar vir besigheid was nie, maar dat die ekspo bewys dat die feit dat die ekspo weer vanjaar gehou word wys dat ondernemings se deure oop staan en handel verwelkom word.

“Dit was ’n uitdagende jaar,” het Parsons gesê.

“Te midde van die verwisseling van senior leierskap en verskeie skokaankondigings was sakelui reeds teen die einde van 2017 vuisvoos.

“Aandelepryse het geval, en in die bestek van 72 uur is ongeveer R22 miljard op die aandelebeurs verloor.”het sy tydens haar toespraak gesê.

Ondanks hoop dat 2018 beter vooruitsigte sou oplewer, was daar ook vanjaar verskeie uitdagings.

Met verwysing na die onlangse protes­optrede in Kimberley het Parsons gesê dat die afgelope drie weke rampspoedig vir besigheid in die Diamantstad was.

Ondernemings is gedurende geweld­dadige protesoptrede verwoes, sake­ondernemings is gestroop en winkels is genoodsaak om weens dreigende protesoptrede hul deure te sluit.

  • Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat die ekspo aangebied word.

Die ekspo het gegroei van slegs 57 uitstallers in 2014 tot die 160 uitstallers wat vanjaar produkte en dienste ten toon gestel het.

Parsons het hierdie groei as ’n besonderse prestasie beskryf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.