Weermag vaar eerste keer NK-strate in

2018-02-14 06:01
Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) marsjeer verby die Moses Mabhida-stadion in Durban op verlede jaar se Nasionale Weermagdag. Meer as 7 000 soldate, gepantserde voertuie, helikopters, vliegtuie, die lugmag, vloot en selfs die president word vanjaar in Kimberley vir Nasionale Weermagdag-vieringe verwag, wat Woensdag (21/02) sal plaasvind. Foto: Dean Vivier/Netwerk24

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) marsjeer verby die Moses Mabhida-stadion in Durban op verlede jaar se Nasionale Weermagdag. Meer as 7 000 soldate, gepantserde voertuie, helikopters, vliegtuie, die lugmag, vloot en selfs die president word vanjaar in Kimberley vir Nasionale Weermagdag-vieringe verwag, wat Woensdag (21/02) sal plaasvind. Foto: Dean Vivier/Netwerk24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Inwoners van die Diamantstad kan hulle gereed maak vir ’n week van erge verkeersontwrigtings, maar ook groot opwinding en skouspelagtige vertonings, met die Nasionale Weermagdag-vieringe wat van Donderdag (15/02) tot Woensdag (21/02) in Kimberley sal geskied.

Meer as 7 000 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), gepantserde voertuie, die vloot en die lugmag word vir die geleentheid in Kimberley verwag.

Volgens kol. Eugene Motati, ’n woordvoerder van die lugmag, word die Nasionale Weermagdag-vieringe jaarliks gehou om die gestorwenes aan boord van die SS Mendi, ’n vlootskip wat in 1917 met 646 mense aan boord gesink het, te vereer.

Dié jaarlikse gebeurtenis is al in vyf ander provinsies, Gauteng (Pretoria), die Noordwes (Potchefstroom), die Oos-Kaap (Port Elizabeth), die Vrystaat (Bloemfontein) en KwaZulu-Natal (Durban), gehou en kom vanjaar vir die eerste keer ook na die Noord-Kaap (Kimberley).

Die hoogtepunt van die Nasionale Weermagdag-vieringe – ’n kranslegging by die Tweede Wêreldoorlog-senotaaf in Du Toitspanweg ter ere van oudpres. Nelson Mandela, die eerste opperbevelvoerder van die nasionale weermag – sal Woensdag (21/02) om 09:50 plaasvind.

Dit sal ook na skerms oor Kimberley heen gebeeldsend word.

Kimberliete kan die hoofparade en seremonie op TV-skerms by die John Rhodes-standbeeld waar Du Toitspanweg, Quinnstraat, Regimentweg en Lennoxstraat bymekaar kom, en by die bewonderaarspark by die A.R. Abass-stadion, gadeslaan.

Militêre voertuie sal op die dag van Herculesstraat op die hoek van Mainweg in Beaconsfield verby die senotaaf beweeg, waarna die konvooi dan by die kruising met Quinn- en Lennoxstraat en Regimentweg in drie sal verdeel en deur Roodepan, Green­point en Galeshewe na die basisse terugkeer.

Verkeersontwrigtings blyk dus onvermydelik te wees.

’n Peloton soldate sal ook van Carringtonweg en Memorialweg na Du Toitspanweg marsjeer en in Lennoxstraat links draai om uiteen te gaan.

Motati sê die strate om die senotaaf sal reeds Maandag (19/02) en Dinsdag (20/02) van 06:00 tot 15:00, en Woensdag (21/02) van 05:00 tot 15:00, gesluit wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.