Wenkbroue lig oor raad-verhogings

2018-02-07 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Vergoedingspakket van soveel soos R968 008 per jaar vir die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Mangaliso Matika; R774 406 per jaar vir die speaker, Elizabeth Johnson; en R726 005 vir heeltydse lede van die burgemeesterskomitee.

Dit is van die verhogings waartoe die raad van die munisipaliteit op Woensdag 24 Januarie op ’n raads­vergadering ingestem het.

Die verhogings stem ooreen met voorskrifte wat deur die Wet op Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs vir Graad 5-munisipaliteite bepaal word.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit, wat 255 351 mense het, val in hierdie kategorie.

Die wysigings word deur die onafhanklike vergoedings­kommissie vir openbare ampsdraers voorgestel, deur die president aanvaar en later deur die minister van samewerkende regering en ­tradisionele aangeleenthede bekragtig.

Voorsitters van verskeie Artikel 79-komitees in die raad, soos Sol Plaatje se komitee vir stadsbeplanning en die bestuur van omgewings- en grondgebruik (Spelum), die reëlskomitee en die instandhoudings- en projekevalueringskomitee (MPEC), sal elk op ’n vergoedingspakket van R393 135 per jaar geregtig wees, terwyl die hoofswepe van politieke partye tot soveel as R405 016 per jaar sal ontvang.

Deeltydse raadslede sal soveel as R288 988 per jaar ontvang.

Hierdie bedrae sluit by­komende selfoontoelae vir raadslede uit.

Die burgemeester is ook op amptelike verblyf geregtig, terwyl die burgemeester en speaker van ’n drywer (chauffeur) voorsien word om hulle te vervoer.

Die hoogste limiet wat deur die Wet op Besol­diging van Openbare Ampsbekleërs bepaal word, maak nou ook voorsiening vir die verskaffing van persoonlike sekuriteit aan raadslede indien ’n risikobepaling gedoen is en dit voorgestel word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.