Wildbedryf weer gesond

2018-06-06 06:02
’n Totale omset van R15 miljoen is by die derde wildveiling van die Kriek-wildgroep behaal. Dit is op 21 April by die Mattanu-wildreservaat naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap gehou.Foto: Kriek-wildgroep

’n Totale omset van R15 miljoen is by die derde wildveiling van die Kriek-wildgroep behaal. Dit is op 21 April by die Mattanu-wildreservaat naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap gehou.Foto: Kriek-wildgroep

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die derde wildveiling van die Kriek-wildgroep, wat op 21 April by die Mattanu-wildreservaat naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap gehou is, het suksesvol afgeloop met ’n totale omset van R15 miljoen wat behaal is.

Volgens Jacques Kriek, een van die mededirekteure van dié wildplaas, is 98% van die wild, wat onder meer bastergemsbokke, swartwitpense, rooibokke, buffels en springbokke ingesluit het, verkoop.

Kriek meen dit is goed, in ag genome die uitdagende ekonomiese toestand in die land.

“Ons is baie positief oor die bedryf. Ons konsep is om altyd ’n platform vir ons gasverkopers te probeer skep en vir ons eie diere.

“Omdat ons van 1984 af soveel kliënte opgebou het, het ons ’n goeie databasis van mense wat top-genetika gekoop het,” sê Kriek.

“Ons gee hulle ’n geleentheid om van daardie diere op ons veiling aan te bied.”

Volgens Kriek was daar bykans 105 lotte op die “lewende” veiling en bykomende lotte op ’n “stilveiling” waar wildkopers met behulp van ’n toepassing op hul fone op die spesifieke diere kon bie.

Volgens Kriek was die pryse besonder goed, veral vir vlaktewild van ’n goeie gehalte.

’n Springbokram is op die veiling vir R550 000 verkoop en ’n buffelkoei vir R600 000.

“Gehalte-vlaktewild soos springbok, rooibok, gemsbok en koedoe doen ongelooflik goed op die ope mark,” sê Kriek.

“Ons het dit reeds van die begin van die jaar af gesien. Elke jaar bou dit net momentum.”

Hy skryf dit toe aan ’n regstelling wat in die mark plaasgevind het.

“Die pryse het in die laaste ruk baie hoog geraak weens ’n stroom beleggers wat in die wildbedryf ingeklim het.

“Dit was tot ’n mate goed vir die bedryf, maar het ook baie negatiewe gevolge gehad. Die pryse het so hoog geraak dat boere begin sukkel het om dit terug te boer.

“Die pryse was hoog omdat die diere skaars was, maar nou is ’n klomp van hierdie diere nie meer so skaars nie. Dit is omdat ons nie regtig die hoeveelhede afgehaal het met ’n afsetpunt soos jag en vleis nie. So het die getalle meer en meer geraak,” sê Kriek.

“Weens vraag en aanbod en die ekonomiese toestande het die prys in die laaste jaar of twee radikaal afgeneem.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.