2017 - Breek die lint

2017-12-21 06:00

WAT ’n jaar was dit nie!

2017 skiet binnekort oor die wenstreep, en alles het net klopdisselboom verloop. Van Kouga in den breede weet ek nie, maar Jeff en Aston en Paradys is so gelukkig soos ’n ot in Palestina. Getrou aan hul aard het die plaaslike regering uit wans uit elke klagte tjoef-tjaf in die stof laat byt, en ons gaan 2018 binne sonder enige probleem.

So het die segetog verloop:

  • Die Duistere Alliansie het daarin geslaag om vee-eienaars tevrede te stel deur alle bees-te, bokke, varke en klein varkies ongestoord op hul weiveld langs die enigste openbare pad tussen Aston en Jeff (en elders in die dorp) te laat loop. Geen verskuiwing het plaasgevind nie. As daar dalk hier voor ’n noodlottige ongeluk gebeur, is dit die motoris se skuld, want wat weet ’n stomme dier van padreëls? Viva, die demokrasie, viva!
  • Wetsonderhouding het gevorder tot sua cuique voluptas – elke mens het sy eie plesiere. Ek het empiries vasgestel dat slegs 8% moto-riste by stoptekens tot stilstand kom. Dit is op ’n rustige Dinsdagmiddag. Ek sal jou (soos die outjie van die Kaapse flets sê) five pounds to a vrot pawpaw bet dat jy dié getal sonder gewetenswroeging tot 4% kan verlaag. Dan praat ons nie eens van verbysteek by sperstrepe nie, of verbysteek by die motoris wat wel ’n stopteken eerbiedig, gelisensieerde bestuurders wat geen idee het van sirkelreëls nie, die nie-bestaande spoedgrense, die padwoede, die onpadwaardige wrakke op die paaie... En niemand doen iets daaraan nie, want ons volk is terug by die antieke laissez-faire – wie is jý om in te meng, hê? Hê?
  • Die onwettige “brug” oor die Seekoeirivier en Astonbaai se strand is goedgunstiglik onveranderd gelaat... seker vir die vyfde dekade. Sodat mense darem nog oor die lagune werk toe kan ry. En sodat die nuuskierige agies uit ander provinsies darem nog kan sien hoe lyk ’n Swartvlagstrand. Net die ouens met 4x4-Suv’s en boere met trekkers en voetgangers wat nie bang die sand suig hulle in nie, kan vanjaar die strand besoek. Daar is tonne sand tot teen die kant van die parkeerarea gestootskraap, en die wind waai alles net so vinnig terug. Heerlike woestyn-atmosfeer. Dis om van te dig.
  • Rondloperhonde vreet steeds lustig aan die paar bokkies wat nog in Paradys wei. En wie wil die ou brakkies hulle plesiertjie ontsê? Wat is fout met ’n bokkie met afgevrete ore? Hoekom kerm mense oor alles? Hondehaters – dís wat hulle is!
  • Dan is daar is steeds die prysenswaardige altruïstiese groepe wat aan wit plakkers hul jaarlikse krismis-pakkies gee, sodat hulle saam jolly kan wees. “Is daar darem ietsjie sjterk hjjierbinne?” vra een ou terwyl hy die geskenk bysiende begluur. Hoeka smous hy vyf minute later die pakkie om ’n bietjie Bacchus-nektar te gaan koop. Dan kan hy ook mos laataand sing: “O brandewyn, laat my sjjtaan....”
  • Die een of ander nar het onlangs glo ’n munisipale spoedkamera se beskermende boks in allerlei kleure bespuit. Hierdie is Jeffreysbaai, Ou! Nie ’n studentedorp waar hoogge-leerde jongmense misdade pleeg en dit as kattekwaad afmaak nie. Die polieste gaan jou skraap. Om nie eers van die spietkops te praat nie. Ek verneem juis daar is vyf (wow – výf!) ekstra verkeersmanne aangestel om die Kers-tyd aangenamer te maak. Ek wonder of va-kansiegangers die teiken is. Mag die wetstoepassers suksesvol prosedeer en mag hulle, wanneer die vakansieseisoen verby is, vyftig permanente speedies aanstel om ons eie wetsgehoorsame dorpenaars by elke stopteken met vrugtepakkies te beloon vir hulle ongelooflike padmaniere.
  • Ons nimlike oom Johnny en nog iemand het pas ’n teken op die strand staangemaak wat waarsku: “Pasop vir kriminele” – of iets in dier voege. Miskien moet hulle aan die ander kant verf: “Pasop, onskuldige mense dra tazers.” Ek sal persoonlik wil vasstel (suiwer om akademiese redes) hoe vêr ’n regte skokstok (nie die R10-99 tipe wat uit Sjina kom nie) ’n skurk laat steier as jy hom tussen sy pectoralis major en sy serratus anterior bykom. As jy dit kan vasstel, is dit ’n kwessie van tyd voor jy weet hoe jy hom die vinnigste buite aksie kan stel.

Op ’n meer humane noot – mag die ou dorpsprobleempies in 2018 net so maklik opgelos word as wat in die afgelope jaar die geval was. Elke werk het sy probleme, en almal besef dat dit die intelligensie van ’n vuurpylweten- skaplike verg (Rocket scientist op Afrikaans) om ’n dorp korrek te bestuur. Dus – hou aan met die goeie werk.

Voorspoedige 2018.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.