Algoabaai-pikkewyne uit olie gered

2015-06-04 06:00
Meer as 30 oliebesmeerde Afrika-pikkewyne van Algoabaai is vandeesweek na die SA Nasionale Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Kaap St. Francis vir rehabilitasie geneem. Vier van die 34 pikkewyne wat gerehabiliteer moet word, is drie weke-oue k

Meer as 30 oliebesmeerde Afrika-pikkewyne van Algoabaai is vandeesweek na die SA Nasionale Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Kaap St. Francis vir rehabilitasie geneem. Vier van die 34 pikkewyne wat gerehabiliteer moet word, is drie weke-oue k

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PORT ELIZABETH. – Meer as 30 van Algoabaai se brilpikkewyne (ook bekend as Afrika-pikkewyne) moes gered word ná ’n klein oliestorting in die see.

Die afgelope week het Sanparke se mariene veldwagters 34 oliebesmeerde pikkewyne van Bird- en St. Croix-eiland, waar meer as 60% van die wêreld se Afrika-pikkewynkolonie gevestig is, verwyder en per helikopter na die Suid-Afrikaanse Nasionale Stigting vir die Bewaring van Kus­voëls (Sankub) in Kaap St. Francis geneem. Vier van die pikkewyne is kuikens.

“Was dit maar ’n groot oliestorting, sou daar dalk meer gedoen kon word om die skuldiges te laat boet, want die owerhede vergeet gou dis eintlik die klomp kleiner oliestortings wat die meeste gevaar inhou,” aldus Lloyd Edwards van die Algoabaai Hope Spot-inisiatief.

“Eers wanneer ’n dooie oliebesmeerde pikkewyn in die see gevind word, besef ons daar is iewers olie in die see gestort. Wie weet hoeveel pikkewyne op só ’n wyse vrek,” het Edwards gesê.

Edwards, ook die eienaar van Raggy Charters, het juis die afgelope week op twee dooie pikkewyne afgekom toe hy ’n BBC-filmspan in Algoabaai uitgeneem het.

Brian Colenutt, hoof van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) by die Ngqura-hawe in Koega, het by navraag gesê hulle is nie bewus van enige huidige oliestortings nie.

Colenutt weet wel van die oliebesmeerde pikkewyne wat “onlangs” gekry is, maar weet nie wat die bron daarvan is nie.

Edwards glo vragskepe, wat onwettig hul enjins ter see uitspoel, is verantwoordelik vir die kleiner oliestortings.

Volgens Colenutt is dit selde dat verbygaande skepe wat aan dié onwettige praktyk meedoen of dié wat olie lek, vasgetrek kan word.

“Slegs wanneer ’n skip in die hawe vasmeer, kan ons die olie in die see met dié van die vaartuig vergelyk,” het hy verduidelik.

Vroeër is vliegtuie gebruik om skepe op heterdaad te betrap. Maar weens geldtekorte is dié vliegtuie nie meer in die lug nie, en moet Samsa op private vlieëniers se inligting staatmaak.

“Hoewel dit nie altyd moontlik is om gou genoeg by die skuldige skip uit te kom nie, het Samsa goeie sukses met die metode behaal.”

Colenutt het daarop gewys dat skeeps­eienaars en kapteins ’n boete van R250 000 óf ses jaar tronkstraf opgelê kan word.

Intussen het Louanne Mostert, Sankub se bemarkingskoördineerder, gesê die 30 volwasse pikkewyne sal oor die volgende paar weke gerehabiliteer en dan weer vrygelaat word. Die vier kuikens, wat nie ouer as drie weke geskat word nie, weeg tans 500 g elk, en sal eers as jong volwassenes weer vrygelaat word.

Enigeen wat ’n bydrae wil lewer om met die rehabilitasiekoste vir oliebesmeerde pikkewyne te help, kan www.sanccob.co.za besoek

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.