‘Dan eerder géén horings’

2015-06-02 06:56
Dit was ’n moeilike besluit, maar nadat vier van sy renosters binne twee weke deur stropers geteiken is, het Johan Lottering besluit om al die Lombardini-renosters se horings te laat verwyder.

Dit was ’n moeilike besluit, maar nadat vier van sy renosters binne twee weke deur stropers geteiken is, het Johan Lottering besluit om al die Lombardini-renosters se horings te laat verwyder.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GEEN renosterhoring sal weer op Jeffreysbaai se Lombardini-natuurreservaat gesien word nie.

Johan Lottering, eienaar van die reservaat, het sy hand baie diep in eie sak gedruk om al sy renosters se horings te laat verwyder.

Lottering het dié besluit, “wat teen alle natuurlike reëls ingaan,” geneem, omdat die voortbestaan van die renosters bedreig word.

“Ek raak nie sommer emosioneel nie, maar om ’n dooie renoster sónder ’n horing te sien, is vir my veel erger as ’n lewende renoster sonder ’n horing,” sê Lottering ná die twee dae lange prosedure.

Met die samewerking van dr. Thys Potgieter, ’n wildsveearts, en polisiebeamptes, is die renosters met pyle verdoof waarna hul horings afgesaag is. Die getal horings is nie bekend gemaak nie.

Al die horings is na First National Bank (FNB) gestuur waar dit in ’n kluis bewaar sal word.

“Ek kan nie bekostig om die horings op die plaas te hou nie – netnou word my familie daarvoor vermoor,” sê Lottering.

Vier renosters, wat ’n bulkalf insluit, is binne twee weke op dié reservaat deur stropers geteiken. Slegs een van die renosters het die aanslag oorleef.

Dié renosterkoei is vier dae ná die aanval vermink in die bosse aangetref.

Haar twee horings en haar groeiplaat (horingbed) is uitgekap, gevolglik sal die horings nooit weer teruggroei nie.

Dr. Gerhard Steenkamp, ’n chirurg en wildsveearts van Onderstepoort, het ’n operasie op die renoster in die Shamwari-natuurreservaat uitgevoer. Hier het sy ’n plaat oor die groeiplaat gekry, asook die naam Hope.

Dr. William Fowlds, die veearts van Investec Rhino Lifeline, het Sondag ’n inskrywing op Facebook gemaak om te sê Hope se eet- en drinkgewoontes lyk belowend.

Sy haal wel ietwat hard asem, maar dit is te verwagte, het Fowlds bygevoeg. “Die belangrikste is dat haar asemhaling konstant oor die afgelope drie dae is.”

Lottering het sy blydskap oor Hope se vordering uitgespreek. “Sy doen beter as wat ons voor sou kon hoop. Maar as die onthorining net twee weke vroeër gedoen is, sou sy dalk nie deur hierdie pyn hoef te gegaan het nie.”

Die onthorining van hul renosters was deel van Lombardini se jaarbeplanning, maar twee weke voor die beplande datum het stropers toegeslaan.

Oor die kostes van die prosedure kon Lottering nog nie ’n finale bedrag noem nie. “Ek het nog nie die veearts se rekening ontvang nie, maar ek skat dié rekening sal om en by R50 000 beloop.”

Vir verdere veiligheid word nagenoeg ’n miljoen Rand se veiligheidsmaatreëls in die natuurreservaat aangebring. ’n Verdere R5 miljoen word aan nuwe geëlektrifiseerde grensheinings bestee.

“Ek moet omtrent al my wild verkoop om die veiligheid van die wild te verseker. Dít terwyl die stropers my renosters se horings teen miljoene op die swartmark verkoop.”

Juis om dié rede glo Lottering moet die verkoop van renosterhorings gewettig word. “Ons kan direk aan die verbruikers verkoop, wat beteken ons as verskaffers sal genoeg geld hê om die voortbestaan van renosters te verseker – hetsy dit deur beskerming of ’n teelprogram is.”

Te midde van miljoene rande se uitgawes wat Lottering aangaan, bied hy met die samewerking van die Wildernisstigting steeds ’n R100 000-beloning aan vir inligting wat sal help om die stropers vas te trek.

Die nommer wat deur mense met inligting geskakel kan word, is 078 696 9494. Mense met inligting kan anoniem bly

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.