Die Baviaanskloof se ‘annerBybel’

2015-05-21 06:00

DAAR is ’n mooi wat homself net nie laat afneem of opneem nie. Jy kan dit net onthou.

Dit is die diep klowe waarin oeroue natuurgeheimenisse vir ewig sal skuil, Enon- konglomeraat wat saam met die sonskakerings speel, berge wat die hemel se voete kielie, die Willomore-seder wat aan hoë krans klou en die bobbejaan wat blinkboud verbywoerts.

Ja, dis die Baviaanskloof se mooi. Die plek waar daar ook mense bly. Hulle wie se stories jy nooit kan oorvertel nie, want g’n mens kan só lekker vertel soos ’n Baviaansklower nie. Jy kry hierdie mense nog in die “ware” gedeelte van die Baviaanskloof. Die een wat jy van Willowmore se kant van die N9 af met selfs ’n plat karretjie kan binnery. En dan slingerkuier jy tot by Zandvlakte net voor die Wildernisgebied waar daar nie meer stories oor koek en tee of iets sterkers is nie.

’n Week in die Baviaanskloof is ’n jaar te min, want nes jy dink jy weet nou alles, blom die klapperbos, die wildemalva, kom die water, loop al die driwwe en vertel iemand jou nog ’n ding. Die geskiedenis daar is nié handboekgoete nie, dit lê nog op die tong.

Die verhaal van die bees, die “arumplane” en “snapfouter” moet jy maar self by Boetie Terblanche loop haal. Kyk na sy hande terwyl hy praat – daai goed is groter as ’n lorrie se wieldoppe. En as jy op Zandvlakte kom, kyk ook na Pieter Kruger se hande terwyl hy van spekboom, waterboerdery en wat nog vertel. Dis twee volmane met vingers daai.

Sorry, ek dwaal af, maar dit is noodsaaklike detail vir die Baviaanskloofbesoeker om te wys dat dit só gaan in die kloof - een aspek maak altyd die volgende oop. En ongelukkig het die ware geskiedenis altyd op die grond bly lê.

Nie meer nie. Daar is nou ’n boek wat kort en kragtig, met foto’s toegelig, die geskiedenis soos dit uit die ware Baviaansklowers se monde kom, vertel.

“Dis ’n reis-atlas,” het Charl Nortjé dit die beste opgesom. Jip, hy is PH Nortjé, die skrywer, se jongste seun. PH Nortje, gebore op die Baviaanskloofplaas Klipfontein, is die man wat die ware karakter van die kloof deur sy boeke aan die res van die land bekendgestel het.

Charl en sy broers Francois en Pierre was ook daar in Beacosnek se groot skuur waar Baviaanskloof, ’n Kultuurhistoriese oorsig van Nuwekloof tot Kruisrivier, sopas uitgereik is.

En wat sou ons hoor toe sy broer Charl net so bietjie meer van pa PH by die boekbekendstelling praat? “My pa het nie die kloof so goed geken (soos die boek) nie. Ons, wat baie met my pa hiernatoe gekom het, het nie eers van al hierdie wonderlike dinge geweet nie!”

Dis glad nie ’n skandelike geheim wat Charl “onthul” nie. Dis maar hoe dit gaan in die Baviaanskloof. Een plek, plaas of storie bied reeds só baie, jy bly net daar. Maar dankietog die meeste boere, eens net manne van die grond, doen nou ook die “kytering-ding” soos Boetie Terblanche die kloof se gasvryheidsbedryf noem....want nou kán daar goed gekuier word.

Maar lang storie kort, loop kry die boek, bestudeer dit, beplan jou roete, die “kuier-paaiemente”en ek waarborg jou, ’n hele nuwe lewe sal dan begin. Colijn Scheltema en Naomi Haupt, samestellers van die boek, het voortreflike werk gedoen.

Tog... ’n opvolgboek is nodig, want die helfte is nog nie vertel nie….

Bestel die boek by:

colynscheltema@gmail.com

of by naomidv@gmail.com.

Koste is R230, posgeld ingesluit

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.