Die bont, die blou .?.?. Die Pro

2015-05-07 06:00
Hoofstroomproduksies se splinternuwe film, Die Pro, is die afgelope tyd in Jeffreysbaai verfilm en sal voor einde vanjaar op die grootskerm draai. Bennie Fourie (Hermann), Arno Greeff (Dustin) en Edwin van der Walt (Tiaan) vetolk die hoofrolle in die

Hoofstroomproduksies se splinternuwe film, Die Pro, is die afgelope tyd in Jeffreysbaai verfilm en sal voor einde vanjaar op die grootskerm draai. Bennie Fourie (Hermann), Arno Greeff (Dustin) en Edwin van der Walt (Tiaan) vetolk die hoofrolle in die

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BRUIN gebrande lywe, kleurvolle bikini’s, soepel spiere, son, see en branderplanke . . .

Voeg hierby ’n skeut gesoute akteurs, ’n handvol jong opkomende talent, plaaslike inwoners en ’n vars bries oorspronklikheid. ’n Wenresep vir enige film. En as Afrikaans nie juis jou ding is nie, is die pragtige omgewing en gebruik van top-gehalte en moderne tegnologie genoeg om enige fliekgogga te beïndruk.

Hoofstroomproduksies se splinternuwe film, Die Pro, is die afgelope tyd in Jeffreysbaai verfilm en behoort teen September op die grootdoek te draai. Verfilming het Dinsdag tot ’n einde gekom. Van die akteurs sal Aprilmaand weer hul nuutgevonde branderplankvernuf in Jeffreysbaai uitleef, wanneer die laaste skote vir die film geskiet word.

Heelwat bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Vilje Maritz, Neels van Jaarsveld, Heleen Truter, Edwin van der Walt en Albert Maritz vertolk ’n rol in die film.

Janis Ellis, publisiteitsbeampte van Hoofstroomproduksies, vertel: “Die film, gebaseer op die boek Die Pro deur Leon de Villiers, is nie net nog ’n lawwe vakansie-storie nie, maar het ’n sterk storielyn vol intrige.

“Heelwat aanpassings is vir die draaiboek gemaak. Van die manlike karakters is vroulik gemaak en sommige karakters is uitgeskryf.”

Die fliek gaan oor ’n sestienjarige tiener, Tiaan Nothnagel (Edwin van der Walt) wat in Vlakberg woon en ’n kranige branderplankryer is.

Sy beste vriend, Dirkie Lawrence (Viljé Maritz) wat altyd saam met hom die branders aangedurf sterf skielik en Tiaan moet leer om die tragedie te verwerk.

Ná Dirkie se dood belowe Tiaan homself om nooit weer branderplank te ry nie omdat daar te veel herinneringe vir hom daaraan kleef.

Dan keer Dirkie se tweelingsussie, Yvette (Reine Swart) - wat die vorige jaar ná hul ouers se egskeiding by haar en Dirkie se pa gaan woon het) terug Vlakberg toe met een doel voor oë, sy wil gekies word vir Wave-Seekers, ’n fiktiewe wêreldwye “surf-toer”.

Dit was ook eens Tiaan en Dirkie se droom om daaraan deel te neem.

Om te kan slaag het Yvette Tiaan se hulp nodig en dit is waar dié dramatiese storie verder ontvou.

Baie van die akteurs het in Jeffreysbaai vir die film leer branderplankry.

Die draaiboekskrywer, Tiaan van Niekerk (31), het eers teologie studeer voordat hy ’n diploma in filmvervaardiging voltooi het. Die Pro is die eerste draaiboek wat hy geskryf het.

“Ek het die boek in 1999 gekoop en dit het dadelik tot my gespreek. Ek het die boek aanvanklik gekoop omdat die hoofkarakter dieselfde naam as ek het,” vertel hy laggend.

“As jy skryf het jy ’n sekere prentjie in jou kop, maar wanneer dit by die verfilming kom, moet daar noodgedwonge aanpassings gemaak word. Jy moet die regisseur vertrou dat hy jou visie sal deurvoer.

“Die boodskap wat die film oordra, is spesiaal: al ervaar jy verlies moet jy dit leer aanvaar, weer opstaan en aangaan. Ek is opgewonde om te sien hoe alles bymekaarkom.”

André Velts, die regisseur, het onlangs die regie van die film Knysna behartig.

) Vir meer foto’s, besoek ons webtuiste Kouga Express en kliek op Gallery/ Photo Gallery/ General/ Die Pro

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.