Die bont, die blou .?.?. Die Pro

2015-05-07 06:00
Hoofstroomproduksies se splinternuwe film, Die Pro, is die afgelope tyd in Jeffreysbaai verfilm en sal voor einde vanjaar op die grootskerm draai. Bennie Fourie (Hermann), Arno Greeff (Dustin) en Edwin van der Walt (Tiaan) vetolk die hoofrolle in die

Hoofstroomproduksies se splinternuwe film, Die Pro, is die afgelope tyd in Jeffreysbaai verfilm en sal voor einde vanjaar op die grootskerm draai. Bennie Fourie (Hermann), Arno Greeff (Dustin) en Edwin van der Walt (Tiaan) vetolk die hoofrolle in die

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BRUIN lywe, bont bikini’s, soepel spiere, son, see en branderplanke . . .

Voeg hierby gesoute akteurs, vars talent, plaaslike inwoners en ’n fris bries oorspronklikheid: ’n wenresep vir enige film.

Hoofstroomproduksies het Jeffreysbaai die afgelope ruk in rep en roer gehad, onderwyl hulle Die Pro in en om die dorp geskiet het.

As Afrikaans nie juis jou “ding” is nie, is die pragtige omgewing en gebruik van topgehalte en moderne tegnologie genoeg om enige fliekgogga te beïndruk.

Die splinternuwe film behoort teen September op die grootdoek te draai. Verfilming het Dinsdag geeindig. Van die akteurs sal in April hul nuutgevonde branderplankvernuf uitleef, wanneer die laaste skote vir die film gedoen word. Talle van hulle het vir die film hier leer branderplankry.

Suid-Afrikaanse akteurs Vilje Maritz, Neels van Jaarsveld, Heleen Truter, Edwin van der Walt en Albert Maritz vertolk rolle in die film.

Janis Ellis, publisiteitsbeampte van Hoofstroomproduksies, vertel: “Die film, gegrond op die boek, Die Pro, deur Leon de Villiers, is nie net nog ’n lawwe vakansiestorie nie, maar het ’n sterk storielyn vol intrige.”

Draaiboekskrywer Tiaan van Niekerk (31) het eers teologie studeer voordat hy ’n diploma in filmvervaardiging voltooi het. Die Pro is sy eerste draaiboek.

“Ek het die boek in 1999 gekoop omdat die hoofkarakter dieselfde naam as ek het. Dit het dadelik tot my gespreek,” vertel hy.

“As jy skryf het jy ’n sekere prentjie in jou kop, maar wanneer dit by verfilming kom, moet daar noodgedwonge aanpassings gemaak word. Jy moet die regisseur vertrou dat hy jou visie sal deurvoer.”

Heelwat aanpassings is vir die draaiboek gemaak. Van die manlike karakters is vroulik gemaak en sommige is uitgeskryf.

“Die boodskap wat die film oordra, is spesiaal: al ervaar jy verlies moet jy dit leer aanvaar, weer opstaan en aangaan. Ek is opgewonde om te sien hoe alles bymekaarkom,” sê Van Niekerk.

André Velts, die regisseur, het onlangs die regie van die film, Knysna, behartig.

“Die Pro is die eerste Afrikaanse tiener ‘surf-drama’ wat oud en jonk sal geniet,” sê hy. “Almal hanteer verlies en die dood op hul eie manier. Sodra jy dit besef, is dié film uniek.”

Storie

Die fliek gaan oor ’n sestienjarige tiener, Tiaan Nothnagel (Edwin van der Walt) wat in Vlakberg woon en ’n kranige branderplankryer is.

Sy beste vriend, Dirkie Lawrence (Viljé Maritz) wat altyd saam met hom die branders aangedurf sterf skielik en Tiaan moet leer om die tragedie te verwerk.

Ná Dirkie se dood belowe Tiaan homself om nooit weer branderplank te ry nie omdat daar te veel herinneringe vir hom daaraan kleef.

Dan keer Dirkie se tweelingsussie, Yvette (Reine Swart) - wat die vorige jaar ná hul ouers se egskeiding by haar en Dirkie se pa gaan woon het) terug Vlakberg toe met een doel voor oë, sy wil gekies word vir Wave-Seekers, ’n fiktiewe wêreldwye “surf-toer”.

Dit was ook eens Tiaan en Dirkie se droom om daaraan deel te neem.

Om te kan slaag het Yvette Tiaan se hulp nodig en dit is waar dié dramatiese storie verder ontvou.

) Vir meer foto’s, besoek ons webtuiste Kouga Express en kliek op Gallery/ Photo Gallery/ General/ Die Pro

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.