Dirk Ellis - Aartjie na sy vaartjie

2015-06-18 06:00
Toe: Dirk Ellis Jnr en Snr.        . 
Foto:
VERSKAF

Toe: Dirk Ellis Jnr en Snr. . Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PA-EN-SEUN.

Dit is ’n verhouding wat vanaf geboorte gevorm word en ’n hegte band wat niemand ooit kan wegneem nie. Pa’s en seuns aard na mekaar en seuns is geneig om te doen wat hulle Pa’s voor hulle bestaan gedoen het. In die ge-val van hiérdie dinamiese duo, is dit om Volkswagens (en Audi’s) te verkoop. Ontmoet Dirk Ellis - Senior en Junior.

Die 1980’s was ’n tydperk wat nie baie Suid-Afrikaners vandag wil onthou nie. Dit was ‘n tyd van isolasie. Maar in die midde van Apartheid was als nie verlore nie. Aartsbiskop Desmond Tutu is bekroon met die Nobelprys vir Vrede, Mosambiek en Suid-Afrika het die Nkomati Vredesverdrag onderteken en die Oos-Kaapse motorbedryf was op die rand om ’n nuwe naam te verwelkom.

In 1984 in die dorpie Humansdorp het die 27-jarige Dirk Ellis, pa van eenjarige Dirk Ellis Jnr, sy eerste voertuig verkoop. Een het twee geword, twee het drie geword en só was Dirk Ellis Motors gebore. Met die fokus op kliëntediens en betroubaarheid, het dit gou ’n vooruitstrewende sakebedryf in die dorp geword. Gedurende hierdie tyd het Dirk Ellis ’n bekende naam in die groter Oos-Kaap streek geword en dit was duidelik dat hy bestem was vir ’n lang en suksesvolle pad in motorbedryf.

Die jaar 2000 was nie net die begin van die nuwe millennium nie, maar deur die samesmelting van Dirk Ellis Motors en ’n motorhandelaar in Uitenhage het Dirk en sy sake-vennoot ‘n nuwe motorgroep hervestig. In die vroeë 2000’s het Dirk Ellis Jr in sy pa se, baie suksesvolle, voetspore begin volg en hom by die dinamiese span van Dirk Ellis Motors aangesluit. Hy het vinnig sy eerste voertuig verkoop.

Met Pa se sukses wat op Dirk Ellis Jnr afgevryf het, het meer en meer motoriste Volkswagens begin ry – dit ís immers die ‘mense se kar’. En toe, met die veranderende ekonomiese klimaat en besigheidsverstedeliking het dié groeiende handelaar verskuif van Humansdorp na Jeffreysbaai. In Oktober 2013 was die nuwe wêreldklas Dirk Ellis-vertoonlokaal geopen wat spog met Volkswagen se internasionale standaarde. Dirk Ellis Motors was herdoop tot Dirk Ellis Volkswagen. Die res is, wel, nie geskiedenis nie.

Vir die afgelope 31-jaar is die naam Dirk Ellis is ’n bekende een. Die motorbedryf is een wat voortdurend groei. Dit is egter dikwels ‘n uitdagende een en gevolglik neem dit ’n toegewyde span om vooruit te streef. Daarom, glo beide Ellisse dat ’n mens ’n kliënt niks minder as die beste moet bied nie.

Om hierdie belofte te behou en om kliënt-tevredenheid te bevorder het Dirk Ellis Volkswagen besluit om terug te keer na sy wortels en weer ‘n onafhanklike Volkswagen handelaar te word. Wanneer jy Jeffreysbaai binnery, van die N2, is Dirk Ellis die eerste naam wat jy gewaar. Dié pa-en-seun span glo dit moet ook die eerste naam op mense se lippe wees wanneer hulle opsoek is na uitmuntende kliëntediens.

So, volgende keer wat jy verby Dirk Ellis Volkswagen ry kan jy verseker wees dat dit ’n betroubare naam is wat drie dekades terug dateer. En dit sal voortaan ook so wees beloof Dirk Senior en Junior.

Hoekom is Dirk Ellis Volkswagen só suksesvol?

Dirk Snr: Ons doen besigheid met integriteit en gee om vir ons kliënte.

Dirk Jnr: Ons streef om uitmuntende diens en die beste kwaliteit voertuie te lewer.

Wat was jou eerste voertuig wat jy bestuur het?

Dirk Snr: ‘n Volkswagen Passat

Dirk Jnr: ‘n Rooi VW Citi Sonic 1.4.

Gunsteling kleur voetruig?

Dirk Snr: Wit.

Dirk Jnr: Blou, soos die Maldives-eilande se see.

Watter Volkswagen is jou gunsteling?

Dirk Snr: Die Touareg.

Dirk Jnr: ‘n Caddy.

Een woord om die ander te beskryf?

Dirk Snr: (Beste) Vriend.

Dirk Jnr: Vasbeslote.

Albei hou van visvang. Watter vissoort sal jy graag nog wil vang?

Dirk Snr: ‘n Geelstert.

Dirk Jnr: ‘n 100kg ‘Wife’ tuna.

Een ding wat die ander jou geleer het?

Dirk Snr: Jy mag verskil van mekaar.

Dirk Jnr: Doen dit reg die eerste maal

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
1 comment
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.