Dit gaan oor ’n gesonde lewe

2015-09-24 06:00
Liggaamsbouer Riaana Pieters tydens die SA Kampioenskappe in 2015.        
Foto:
VERSKAF

Liggaamsbouer Riaana Pieters tydens die SA Kampioenskappe in 2015. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN haar alledaagse werkklere lyk die 33-jarige Riaana Pieters van Jeffreysbaai soos heelparty van die ander doodgewone mammas wat smiddae haar seuntjie by die dagsorg gaan oplaai: skraal en mooi.

Maar wanneer sy in haar bikini op die verhoog paradeer of op die strand ontspan, is dit ’n heel ander storie. Dan kyk mense twee keer en staar haar selfs oopmond aan. Of mens nou daarvan hou of nie, daardie spiere laat die koppe vanself draai en laat menige groen van jaloesie.

Riaana het September verlede jaar haar volle gewig agter liggaamsbou as ’n sport gewerp en sy het al talle titels in die fiksheid bikini-afdeling verower.

Sy het onlangs onder die Top 10 in haar ka-tegorie tydens die IFBB Suid-Afrikaanse Liggaamsbou-kompetisie geëndig en neem in Mei, volgende jaar aan die Arnold Classics deel.

Vir haar is oefening en nogmaals oefening ’n gewigtige saak. Sy oefen ses dae ’n week minstens ’n uur ’n dag. Spiere is vol-op - op haar arms, skouers, bene, maag en sy het kuite wat guitig bult. Daar is nie ’n vetrolletjie van ’n dag oud nie, want sy volg byna permanent ’n streng dieet - niks wat vet maak gaan sommer oor haar lippe nie.

Vir Riaana is liggaamsbou veel meer as net ’n sport waar jy heeldag oefen en proteïnmengsels drink. “Liggaamsbou is meer as net spiere bou, dit gaan oor gesond leef. Dit is my leefwyse,” sê Riaana

Volgens haar is daar nie ’n kortpad nie, en indien iemand jou wel een aanbied, behoort die gevaarligte te flikker. “Om so te lyk verg harde werk, selfdissipline en opofferings. Jou kop moet rég wees om die sport te doen.

“My grootste inspirasie is my man, Dawie, wie my passie en drome verstaan, en my beste vriendin, Wendy Lamprecth, wie my aan dié sport bekendgestel het.”

Volgens Riaana is die eina-bikini wat hulle tydens kompetisies moet dra, net so belangrik soos die spiere. “Die bikini tel groot punte en moet aan al die streng vereistes voldoen,” sê sy. “Al my uitrustings word deur mode-ontwerper Corné Rademeyer van Closet Queen by Trendz in Jeffreysbaai ontwerp. Sover het ek nog net komplimente gekry.”

Riaana se groot droom is om haar Springbokklere in liggaamsbou te behaal.

“Ek sal graag ’n verskil in die gesondheid- en fikshiedindustrie vir aspirant vroue-atlete wil maak,” sê Riaana. “Dit sal wonderlik wees as ek eendag my eie spannetjie na die SA Liggaambou-kompetisie kan vat en met ’n trofee huis toe kom.”

Nie net is Riaana ’n liggaamsbouer van formaat nie, maar sy is ’n gekwalifiseerde mode-ontwerper en persoonlike fiksheidsinstrukteur wat klasse by die Edge Gym in Jeffreysbaai aanbied.

Riaana word deur MuscleFit (NutriTech) geborg.

Vir meer inligting, kontak Riaana by 083 707 8351

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.