Dorp van die Jaar

2015-06-02 06:56

(Met opregte waardering aan elkeen wat onophoudelik probeer om ons eie dorp mooier te maak)

EK maak beskeie enkele voorstelle vir die organiseeerders van die Dorp van die Jaar-kompetisie.

Ook vir die stadsvaders van elke deelne-mer. Dalk kan dit geïmplementeer word en wêreldstatus aan die saak verleen.

My weldeurdagte idees dek ’n wye spektrum van reëls, deelnemers en kansvatters:

. Verander die kompetisienaam: Dorp van die Eeu is meer gepas. Dit sal meebring dat die dorpe hul huidige status quo langer kan handhaaf: Beeldpoetsers en werkslui (no pun intended) kan dan net een maal per eeu (i.p.v. per jaar) strate en erwe skoonmaak, gras sny, rondloperbeeste skut, slaggate opvul, zol-rollende aaptwakrokers uitruik en hul dorpies ’n make-over gee.

. Laat die werkers rus: As die kompetisie eeuliks gehou word en daar dus minder gewerk moet word, dan gee dit hulle kans om die Afrika-leuse uit te leef: “Meneer, ons vat gereeld ’n breek, want óns raak klaar – die werk raak nie klaar nie.” So ’n goedhartige benadering tot hul werkers sal die Dorp ’n baie beter kans gee om tot die eindronde van die kompetisie deur te dring.

. Verbeter werksomstandighede: As dit byvoorbeeld tans ses manne neem om ’n stukkende rioolpyp oop te grawe, verhoog die getal na twintig – een om die werk te doen en negentien as konsultante, voormanne, adjunk-voormanne, een wat die sweet afvee en een wat sorg dat die lorrie staan en luier om die aircon aan die gang te hou. Werkskepping.

. Los die ontbossers uit. Asseblief. Vroue wat vir kilo’s vêr hout op die kop dra, en manne wat met ’n bakkie en eerstehandse kennis van dendrologie reuse-openinge oral in die fynbos inwoel en bome afkap vir brandhout – los hulle uit. Want hulle spaar ons baie geld. Dink wat dit munisipaliteite of eienaars kos om erwe te laat skoonmaak, en verstaan asseblief dat die boomstropers ons ekonomie ’n hupstoot gee. En moenie met hulle gaan sukkel nie. As ’n six-shooter per ongeluk begin blaf en motoriste jou daar sien rondspring, sal niemand jou help nie, want hulle sal dink jy dans die kwêla saam met die manne. Of as jy een voet vorentoe en een voet agtertoe trap om die koeëls te vermy – sal almal dink jy doen die cha-cha of “Afrikaners is plesierig.”

. Dit gee Eishkom genoeg tyd om te herstel voor die volgende kompetisie oor ’n honderd jaar. ’n Eeu gee dié ligverskaffers vir die Groot Wennersaand genoeg kans om hul huidige krisis te bowe te kom en hul welverdiende status as Prins van Duisternis te verander na ????????????.

As jy nie Chinees ken nie, moenie worry nie. Solank jy net verstaan Eishkom se Oosterse kontakte sal die ou elektriese sakie teen die spoed van lig oplos. Maar vir die kennisvrate onder ons – die aanhaling beteken: “Don’t wolly – we supply lightie, you supply goldie and farmie and lhinocelos and countly.”

Een kompetisie elke honderd jaar het nog baie ander voordele. Maar dit daar gelaat. Dorpsbewoners oral in die provinsie sal in elke geval nie die verskil in hul dorpe se voorkoms agterkom nie.

Ten slotte: as enige deelnemer as ons hierdie luisterryke!-, wêreldgehalte!-kompetisie wen, kan jy maar weet: Waar klein mensies en hul dorpies lang skaduwees begin gooi, begin die son ondergaan vir daardie be-skawing. Sela en Amen. (Maar, post sela, as die jutse die swakste dorp as die wenner aanwys, houd-den-mond – dis alles in die gees van ubuntu)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.