Drie wil nie meer borgtog hê nie

2015-10-01 06:00
Cathy Madikane van die ANC se vroueliga het Dinsdag sowat 200 betogers buite Humansdorp se landdroshof teen die borgtog vir die drie verdagtes van die moord op Roseline Bosman gelei. 
Foto: 
MONIQUE BASSON

Cathy Madikane van die ANC se vroueliga het Dinsdag sowat 200 betogers buite Humansdorp se landdroshof teen die borgtog vir die drie verdagtes van die moord op Roseline Bosman gelei. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE drie verdagtes van die moord op Roseline Bosman, ’n sakevrou van Humansdorp, het Dinsdag besluit om hul aansoek om borgtog te laat vaar.

Buite die hof het Branwayne Bosman (25), seun van die slagoffer, oor sy pa, ’n verdagte, gesê “hy hoort nie op straat nie.”

Daniël Bosman (49), man van die vermoorde Roseline, Lunga Soldaat (26) en Greggory Hendricks (19) het Dinsdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn, waar nagenoeg 200 ontstoke inwoners buite die hof teen hul borgtogaansoek betoog het.

Bosman, wat na bewering die baasbrein agter sy vrou se moord is, het met sy hande op sy ore in die hof gesit om nie die betogers se dreunsang te hoor nie.

Adv. Jason Thysse, bekende staatsaanklaer van Port Elizabeth, het kort ná die hof in sitting gekom het, gehoor die drie verdagtes sal nie meer vir borgtog aansoek doen nie.

Bosman is drie dae ná die moord van Rose-line, eienaar van Bosman-begrafnisdienste, in hegtenis geneem.

Roseline is op 12 Augustus in haar bed dood aangetref. Die moordtoneel het na dié van ’n inbraak gelyk.

Die volgende dag is Soldaat in Hankey met van Roseline se besittings betrap en in hegtenis geneem. Die polisie het kort daarna beeldmateriaal bekom wat Bosman glo by die moord betrek.

Bosman is die Maandag in Hankey, waar hy glo geskuil het, aangekeer.

Hendricks is as die laaste verdagte vir die moordsaak in hegtenis geneem.

Dinsdag het Cathy Madikane van die plaaslike ANC-vroueliga gesê die gemeenskap is keelvol vir misdade waar vroue en kinders die slagoffers is.

Madikane het die woorde, “jy slaan aan ’n vrou, en jy slaan aan ’n rots,” uitgeskree, waarna die skare haar woorde herhaaldelik voor die hof gesing het.

Die saak sal weer op 16 November voor die hof kom

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.