‘Ek is dankbaar .?.?. ek kan loop’

2015-09-17 06:00
Danksy skenings van individue, familie, vriende en maatskappy kan Edward McLean van Jeffreysbaai weer loop.
                     Foto:
MONIQUE BASSON

Danksy skenings van individue, familie, vriende en maatskappy kan Edward McLean van Jeffreysbaai weer loop. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“EK is dankbaar . . . ek kan loop.”

Dit is die woorde van ’n plaaslike inwoner, Edward McLean (56), wat danksy skenkings van individue, familie, vriende en maatskappy onlangs sy eerste heupvervangingoperasie ondergaan het.

“Ek is so dankbaar teenoor almal wat my ondersteun het. Ek kan nou weer loop. Ek kan nie ophou dankie sê nie, want was dit nie vir die groot harte van almal nie, sou ek nooit so ver gekom het nie,” sê McLean.

“Ek kan loop en dit is vir my genoeg inspirasie om aan te hou met geldinsamelingspogings om my tweede heupvervanging te kry.”

Die McLean-gesin van Jeffreysbaai moes R40 000 insamel vir ’n dringende heupvervanging, of McLean kon die gebruik van sy linkerbeen vir goed verloor het. Sy regter-heup is bykans heeltemal verkrummel en sal in Februarie 2016 vervang word. Die operasie self word gratis by die George Provinsiale Hospitaal uitgevoer, maar McLean moet vir die prostese betaal.

Sedert sy heupe begin verkrummel het as gevolg van die langdurige gebruik van medikasie, was daar nie ’n dag wat hy nie in pyn geleef het nie.

Nou, slegs ’n paar weke na die eerste operasie in Julie, kan McLean vir die eerste keer in jare sy linkerbeen reguit maak en met die hulp van krukke loop.

McLean vertel hy het vroeër vandeesmaand besluit vandag is die dag wat hy loop. So gesê, so gedaan. Hy het op 3 September sy eerste tree na die operasie gegee.

“Die pyn is weg,” sê hy met ’n aansteeklike glimlag. “Ek kan weer skilder en musiek speel.” Visvang en swem, van sy groot liefdes, is weer moontlik en hy kan weer sy plek in die kerk volstaan.

McLean het groot planne vir die toekoms. Hy beoog om binnekort sy eie Christelike album op te neem. “In die jare wat ek skaars ’n tree uit die huis kon beweeg, het ek baie tyd gehad om liedere te skryf,” sê McLean wat ’n groot liefde vir musiek het. “Die lied wat my die naaste aan die hart lê, is He holds my hand. Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar met God aan my sy, sien ek vir alles kans.

“Wanneer ek weer heeltemal op die been is, gaan ek dit my missie maak om ander mense in ’n soorgelyke posisie as ek te help. Ek wil die stem wees vir al die mense wat vir jare op ’n heupvervanging wag. Dit is my droom om ’n organisasie, die Hip Prosthetic Foundation, op die been te bring om fondse in te samel vir mense wat ’n heupvervanging benodig.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.