Gamtoos se ekspo-program

2015-10-29 16:06
Prof. Johan Willemse

Prof. Johan Willemse

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die ‘groentemandjie’ van die Oos-Kaap gaan op 6 en 7 November sy beste landbou-voet tydens die jaarlikse Gamtoos-ekspo op Patensie voorsit.

Die fokus is op die landboubedrywighede van die kontrei met talle uitstallers wat die jongste landboumodelle asook ander voertuie tentoonstel.

Benewens die fokus op landbou, kan besoekers uitsien na ’n praatjie deur bekende ekonoom en rubriekskrywer prof. Johan Willemse, ’n steak-braai met Nic Stevens, vermaak deur Lizz Meiring en die kans om R5 000 te wen.

PROGRAM

6 November

) Om 09:00 is daar ’n ontbyt met FNB en bekende ekonoom en rubriekskrywer, prof. Johan Willemse. Die fokus is op Hoe beplan jy jou boerdery besigheid en betrek die familie - hoe lyk die ekonomie en landboumarkte?

Die koste is R1 000 per tafel van agt.

Willemse, ’n suksesvolle familie-entrepreneur, het verskeie toekennings as ekonoom en rubriekskrywer ontvang. Die toekennings sluit in Landbouskrywer van die Jaar, ABSA/Sake se Ekonoom van die Jaar, Veevoervervaardigers se Persoon van die Jaar, Landbouskrywersvereniging se Landboukundige van die Jaar, en Landbou Ekonomie Dosent van die Jaar.

Hy is tans ’n professor by die Departement Landbou-Ekonomie by die Vrystaat Universiteit, die trustee van die UV Voorsorgfonds, die nie-uitvoerende direkteur van AFS en die nie-uitvoerende voorsitter van Nictus Ltd groep.

Verder bestuur Willemse sy eie boerdery, en veevoer- en toerisme-besighede.

) Kuier lekker met Nic Stevens om 19:30 en geniet ’n heerlike ‘steak’-ete. Stevens is be-kend vir treffers soos Toeter Skoeter, Jonk Bly, Dis altyd lente en Jy maak my mal.

Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n braai en dans in. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

7 November

) Besoekers staan ’n kans om R5 000 tydens die Rugby-Bal-Val te wen. ’n Helilopter sal om 10:00 sewe rugbybal na mekaar op die rugbyveld laat val. Die blokke waarop die balle val en met onderskeie pryse gemerk is, se kaartjiehouers sal die volgende pryse wen:

, Eerste bal: R5 000

, Tweede bal: R2 500

, Derde bal: R1 000

, Vierde tot sewende bal: R500 elk

Kaartjies kos R50 elk en is by die skool of leerders van die Laerskool Gamtoosvalei be-skikbaar.

) Geniet ’n heerlike oggend met Lizz Meiring in Langpad en Lipstiek om 11:00 in die Gamtoosvallei. Met ’n reusehandsak delf sy diep in elke vrou se belangrikste bagasie - haar handsak. Die vertoning vertel van haar ervaringe op die pad en hoe items uit daardie handsak al haar lewe gered het.

Kaartjies kos R120 per persoon en sluit verversings in.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.