Gebed en liefde red buffel-slagoffer

2015-09-24 06:00
Gebed, wonderwerke en liefde het André Prinsloo van Jeffreysbaai se lewe gered na hy deur ’n buffel aangeval was. 
                    Foto:
MONIQUE BASSON

Gebed, wonderwerke en liefde het André Prinsloo van Jeffreysbaai se lewe gered na hy deur ’n buffel aangeval was. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NADAT `n verwoede Baviaanskloof-buffel drie maande gelede sy ingewande aan flarde geskeur het en sy been op twee plekke morsaf getrap het, het mense gewonder of hy dit sou oorleef.

Gebed, wonderwerke en liefde. Dit, glo André Prinsloo van Jeffreysbaai, het hom deurgehaal.

Hy vryf oor sy gesig en rou emosie spoel vir `n sekonde oor sy gesig. “Toe ek afkyk en net bloed sien, het ek begin bid dat God my die krag sou gee om te oorleef,” sê Prinsloo. Selfs toe hy geopereer en in die beste mediese hande was, het mense – sy vrou Buelah inkluis – nog vir sy lewe gevrees.

Die buffelhoring het sy rektum deurboor en sy blaas is op twee plekke geskeur. Sy lewer en ingewande is ernstig beskadig en sy regterbeen is onder die knie gebreek.

Die aanval deur die buffel was vroegmiddag, op 13 Junie in die hartjie van die Baviaanskloof-wildernisgebied. Prinsloo onthou die dag nog soos gister. Hy en sy vriend, Barry Verwey, het op laasgenoemde se plaas gaan bosbokke jag. Prinsloo en `n helper het in een rigting geloop, terwyl Verwey en nog `n helper in die teenoorgestelde rigting beweeg het.

Prinsloo vertel hulle was skaars 120m van die bakkie, toe hy `n snorkgeluid agter hom hoor. “Toe ek omdraai, kyk ek die dier in sy oë – slegs 6m van my af en in volle spoed. Daar was niks wat ek kon doen nie – nie weghardloop of na my geweer gryp nie. Ek het my rug op hom gedraai, toe skep hy my van onder af met sy horings en gooi my die lug in. Ek het half op sy skof beland voor ek die grond getref het. Die buffel het op my getrap en my been op twee plekke gebreek.”

Hierna het die buffel die helper begin jaag, maar hy kon wegkom. “Ek het gedink die buffel gaan terugkom vir my, maar hy het nie,” sê hy.

“Ek het na my vriend op die twee-rigting radio geroep. Tydens die aanval is my geweer etlike meter ver geslinger en moes ek stadig daarheen kruip sodat ek `n skoot kon afvuur om hom te laat weet waar ek is.”

Verwey het Prinsloo se been met `n lyfband gespalt en sy hemp gebruik om die bloeding te probeer stop. Hy het hom op `n stuk seil tot by die bakkie gesleep, ingetel en die 60km- grondpad na Patensie aangedurf. Dié pad is so sleg, dat die spoed tot 20km/h beperk is. Omdat daar nie `n noodradio of selfoonsein in die kloof is nie, kon mediese hulp nie ontbied word nie. Die ambulans kon hulle eers net voor Patensie kry.

Padlangs het die grootskaalse reddingspoging bykans 10 ure geduur. Ure waartydens Prinsloo hom nie doodgebloei of weens skok beswyk het nie. Hy is by die Policlinic in Jeffreysbaai gestabiliseer, voor hy in die Greenacres Hospitaal in Port Elizabeth opgeneem is: twaalf ure na die voorval plaasgevind het.

Prinsloo was vir 14 dae in die intensiewe sorgeenheid – 8 waarvan hy niks kan onthou nie – waarna hy drie weke in die algemene saal deurgebring het.

“Ek was vir dood opgeneem,” sê Prinsloo. “Daar was geen hoop vir my nie. Was dit nie vir al die gebede en liefde van bekendes en selfs vreemdelinge nie, was ek nie vandag hier nie. Ek sal my vriend altyd dankbaar wees. Hy het my lewe gered – hy het my daar uigekry.”

Daar lê nog `n lang pad voor, maar Prinsloo herstel goed en kan reeds met die hulp van krukke rondbeweeg. “Al die eer gaan aan ons Vader wat so goed is vir my,” sê Prinsloo

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.