Geliefde skoolhoof tree af na 30 jaar

2015-07-30 06:00
Skoolhoof Kruger Bekker tree Vrydag na 30 jaar aan die Laerskool Hankey in die Gamtoosvallei af.
                           Foto: 
MONIQUE BASSON

Skoolhoof Kruger Bekker tree Vrydag na 30 jaar aan die Laerskool Hankey in die Gamtoosvallei af. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE leerders en personeel van die Laerskool Hankey het al heelweek ’n knop in die keel en die trane lê vlak in die oë.

Hulle neem môre finaal afskeid van een van die Gamtoosvallei se bekendste en hardwerkendste skoolhoofde. Skoolhoof Kruger Bekker tree Vrydag na 30 jaar aan die skool af. Bekker het hom in 1986 as Departementshoof by die skool aangesluit en het in 1997 die leisels as skoolhoof oorge-neem.

Hy het in 1975 sy onderwysloopbaan by die Laerskool Loeriefontein naby Calvinia begin, waarna hy in 1976 ’n betrekking by die Laerskool Eric Louw in Beaufort-Wes aanvaar het.

Hoewel Bekker se pa daarvan gedroom het dat sy seun in sy voetspore as boer gaan volg, het hy reeds van jongs af geweet hy wil met kinders werk en onderwys sy loopbaan en roeping maak. Nou na meer as 40 jaar in die onderwys, sal hy weer dié beroep bo enige ander kies.

Volgens Bekker het hy elke dag met dieselfde persoonlike leuse aangepak: “I try to give hope where there was doubt, inspired with love and guided with knowledge”. Bekker sê dit is sy wenresep vir die skool se sukses. “Akademies hoef ons vir geen skool terug te staan nie.”

Daar is vele hoogtepunte wat Bekker na aan die hart sal bly. “Ons het nooit enige ouer-klagtes gehad nie, ons het van die mees gedissiplineerde leerders in die Oos-Kaap, en spog met ’n uiters lojale personeel.

Volgens Bekker kan die goeie dissipline aan motivering toegeskryf word. “Indien ’n leerder geen oortredings in ’n kwartaal begaan het nie, kry hy of sy ’n beloningsbrief en die voorlaaste dag van die kwartaal af. Maar as ’n leerder drie keer oor die tou getrap het, kry hy of sy ’n Jammer maar ... brief om aan die ouers te gee.”

Daar was egter ook laagtepunte, maar dié wat onderwystekorte en die instandhouding van geboue insluit, is in die minderheid.

Bekker vertel hy het nog nie ’n Plan B vir na sy aftrede nie. “Ek gaan die eerste maand of twee niks doen nie. Ek gaan beslis meer gholf en tennis speel, sê Bekker wat die klubkaptein van die plaaslike gholfklub is en tennis vir Humansdorp se eerste span speel.

Hy dien op die kerkraad en is voorsiter van die Hankey Belastingbetalers en die Hankey Verfraaiïngskomitee.

Behalwe vir skoolgee, is Bekker fanaties oor tuinmaak. Hy sny twee keer ’n week sy gras - eers die kant toe, dan daardie kant toe. Sy frustrasie was duidelik te sien omdat hy vir twee weke nie kon grasny nie weens die reën. Hy het selfs die skool se tuin reggekry voor die waarnemende skoolhoof Maandag begin.

Bekker word beskryf as iemand na wie ’n mens kan opkyk, met ’n goeie sin vir humor en wat elke dag ’n navolgingswaardige voorbeeld stel.

“Dissipline en ’n hoë akademiese standaard was nie vir hom onderhandelbaar nie,” sê André Slabbert (HOD) wat 30 jaar saam met Bekker die skool gedien het. “Onder uiters moeilike omstandighede het hy deurentyd gepoog om die skool se finansies gesond te hou. Hy het altyd ’n oop-deur-beleid gehandhaaf.”

“Sy goeie sin vir humor het male sonder tal moeilike situasies ontlont. Op sosiale vlak, veral met ’n Castle in die hand, was hy gewoonlik die middelpunt van die opgewondenheid en geskater.”

Volgens Slabbert sal hy Bekker onthou vir sy obsessie met netheid. “Ek is seker daarvan dat hy selfs met ’n das om sy nek gras by die huis sny,” vertel Slabbert.

“Die ouers, kinders en personeel gaan hom voorwaar mis. Persoonlik verloor ek ’n daaglikse vriend, raadgewer en steunpilaar. Die Laerskool Hankey gaan baie armer wees sonder Bekker. Hankey en sy gemeenskap salueer hom.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.