Gemeenskap herstel rioolaanleg

2015-07-23 06:01
Die Langkloof-gemeenskap het verlede week die Misgund-rioolaanleg in samewerking met die plaaslike AfriForum-tak self herstel.

Die Langkloof-gemeenskap het verlede week die Misgund-rioolaanleg in samewerking met die plaaslike AfriForum-tak self herstel.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GENOEG is genoeg.

Só sê Langkloof-inwoners. Gemeenskaplede het verlede week die Misgund-rioolaanleg in samewerking met die plaaslike AfriForum-tak self herstel. Dit na hulle al meer as vyf jaar vir die Koukamma-munisipaliteit wag om dit te doen. Dié inisiatief het gevolg nadat AfriForum ’n ultimatum aan die munisipaliteit gestuur het om die rioolaanleg te herstel en weer op standaard te bring. Dit het egter op dowe ore geval en die gemeenskap, waaronder boere van Louterwater, genoop om self in te gryp.

“Die terrein was in ’n haglike toestand met geen seku-riteit nie. Ons het dit onder meer ontbos en ’n ingenieur aangestel om die sisteem te herstel,” sê Delarey Rademeyer, voorsitter van die Langkloof-tak.

Die maatskappy, Water Engineering Consult, het ’n verslag saamgestel wat die toestand van Misgund se riool-aanleg omskryf en oplossings uiteensit. Luidens die verslag was daar ’n verstopping in die besinktenk wat verhoed het dat bakterieë, wat vir die verwerking van riool benodig word, gekultiveer kon word.

“AfriForum is van mening dat moderne riolerings-werke deurgaans gemonitor moet word. Daarom het die ingenieurs nie net die aanleg herstel nie, maar die gemeenskap opgelei om dit te onderhou. Met voldoende instandhouding sal die rioolaanleg binne drie weke weer gesuiwerde water lewer,” sê Rademeyer.

Marnus van Staden, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Oos-Kaap, beklemtoon dat die Langkloof-gemeenskap afhanklik is van sy landboubedryf en dat dit een van die min gebiede in Suid-Afrika is waar boerdery die munisipaliteit se hoof ekonomiese sektor is.

“Die munisipaliteit spog graag oor die landboubedryf in die gebied, maar wanneer boere vra vir ondersteuning word hulle geïgnoreer. Ons het geen ander keuse gehad as om self in te tree nie. Daar is tans ook damme wat deur die besproeiingsraad bestuur word om te verseker dat boere hul gewasse veilig kan groei.”

AfriForum gaan die kostes van die herstelwerk van die munisipaliteit terugeis

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.