Greenfielders is nog nie dakloos nie

2015-10-08 06:00
Die stootskraper sal voorlopig terugstaan nadat die Kouga-munisipaliteit ingestem het om die verhuising van die Greenfieldsplakkers in Loerie onder die loep te neem. 

          Foto: 
chani kriel

Die stootskraper sal voorlopig terugstaan nadat die Kouga-munisipaliteit ingestem het om die verhuising van die Greenfieldsplakkers in Loerie onder die loep te neem. Foto: chani kriel

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE stootskraper is vir eers stil en die inwoners van die Greenfields-nedersetting in Loerie se opslaanhuisies staan nog.

Dinsdag sou D-dag vir dié plakkers wees wat glo vir meer as 10 jaar “onwettig” op ’n boer, De Wet du Preez, se grond bly.

Die Burger het vroeër berig oor Du Preez en sy pa wat verlede week – verby keelvol vir die munisipaliteit wat nie dié stuk grond koop en vir die “Greenfielders” regeringshuise hier bou nie – gedreig het om vandag hul huise te sloop.

Maar nadat Sydney Fadi, munisipale bestuurder van Kouga, ingestem het om te onderhandel, sal dié inwoners nog ’n ruk langer ’n dak oor hul kop hê.

“Die Du Preezs het hul planne om te sloop op ys gesit nadat die munisipaliteit ingestem het om te onderhandel,” sê André Vlok, die Du Preezs se prokureur.

“Ons het vandag [Dinsdag] ontmoet en die amptenary hét glo ’n plan om die inwoners te verskuif. Ons het hulle ’n spertyd van Woensdag [gister] 12:00 gegee om al hul beloftes en datums omtrent die verskuiwing op skrif te stel.”

Volgens hom is die Du Preezs nie daarop uit om die plakkers te verontrief nie. “Maar die gesloer om huise aan die mense te verskaf, kom al baie jare aan. As alles goed verloop, sal alle partye binnekort tevrede gestel word.”

Volgens Gina Rossouw, ’n inwoner, belowe die Kouga-munisipaliteit sedert 2005 dat Greenfields-inwoners formele behuising sal kry.

“Ek weet nie wat van ons gaan word as die boer ons shacks plat stoot nie,” sê sy. “Ek hoop dat die munisipaliteit tog gou speel. Ek weet in elk geval nie hoekom hulle nie net die boer se grond kan koop en hier vir ons huise bou nie.”

Laura-Leigh Randall, munisipale woordvoerder, sê dié grond in Greenfields “is nie geskik vir bouwerk” nie.

“Ons het ’n ander stuk grond van ’n boer in die omgewing gekoop,” het sy gesê. “Die munisipaliteit sal hierdie week ’n plan saamstel wat die prosesse uiteensit wat gevolg sal word met die verskuiwing van die informele nedersetting by Greenfields waarná ons met die inwoners sal vergader om reëlings te tref.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.