Grootmens of kind?

2015-10-29 16:06
: Jannie Hough.  Foto: VERSKAF

: Jannie Hough. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE vroutjie kom na werk moeg tuis, en sak op die rusbank neer. “Wat is op die TV?” vra sy haar man. Hy vryf met sy vingers oor die stel en sê: “Stof!” En toe begin die fight.

Hoe volwasse is dié ou, hê? Hulle sê die verskil tussen slimheid en wysheid is dít: Die slim ou weet wat om te sê, die wyse weet of hy dit moet sê. Net so weet ’n slim mens ’n tamatie is ’n vrug, maar ’n wyse weet jy sit dit nie in vrugteslaai nie.

’n Mooi Duitse woord vir volwassenheid is Erwachene. Dit wil sê: volgroeid, geestelik ryp. En dis mos die kern van grootwees, nie? Ek dink alle sosiale bakleiery (hetsy deur stilstuipe of die tong) is die gevolg van onvolwassenheid. Dit wil sê, mý wil moet geskied; ék moet die laaste woord inkry. Maar as jy so redeneer, respekteer jy mos nie die ander persoon se menswees nie. Dis soos wanneer jy hom ignoreer: dit beteken jy ontken sy teenwoordigheid, jy eien hom nie as mens nie.

Jy is dus dié boy in jou eie oë. Soos ’n stout knapie. ’n Intelligente 25-jarige kan soms meer volgroeid wees as ’n knorrie van 60. En natuurlik erken die egoïs glad nie dat hy ooit verkeerd is nie. Hy is mos hoeka selfingenome, selfsugtig. “I did it my way,” soort van. Hoeveel onderonsies hy in die proses aan die gang sit, gaan hom nie aan nie. Finish en klaar (Om ’n sekere polisiehoof te kwoteer).

Mense (veral getroudes) luister nie na me-kaar nie. Terwyl hý sy frustrasies te kenne gee, dink sý solank aan ’n kwinkslag om hom te kelder. Hy of sy wil die fight wen. En hulle raps mekaar, hoor! Al is dit met galgehumor. Hoe bekend klink hierdie vir jou ?.....

Ryk vroutjie: “Wat kan ek vir jou verjaardag koop, my man?”

Man: “Ag, iets plat en blink, wat van 0 tot 100 kan gaan in 3 sekondes.”

Toe koop sy vir hom ’n skaal.

Of: “My liefling,” sê sy, “neem my vir ons huweliksherdenking na ’n baie duur plek.”

Toe laai hy haar in die motor en ry na die motorhawe waar hulle petrol verkoop.

Sy: “Ek wil vir my verjaardag na ’n plek toe gaan waar ek lanklaas was.”

Hy: “Wat van die kombuis?”

Hy: “Dink jy hierdie broek laat my vet lyk, Liefie?”

Sy: “Nie so erg soos die een wat jy gister aangehad het nie.”

Vertel nou vir my, al die wyses: Dis mos moeilikheid soek? Sal daar nie elke slag ’n geveg uitbreek nie? As albei volwasse is, nee. ’n Mens gorrel in elke geval nie sulke nonsens nie. Julle was nie so vol “humor” toe julle nog uitgegaan het nie! Wat het van Liefie-Diefie en Oepsie-Woepsie geword?

Humor: die lag met die traan. Die een lag, terwyl die ander een traan, of hoe? Of soos ou Siena gesê het toe haar kind vra: “Wat beteken ‘heildronk’, Mamma?”

“Eish, ek weet nie so goed nie, my tjend, maar daar waar ek werk – sôs helle saans by die huis kom na ’n party, die vrou hy huil en die man hys dronk.”

Ek dink die manne en hul vroutjies moet weer ’n keer na hul huweliksbeloftes kyk. En talle ander mense na hulle maniere. Sela.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.