Help vul Amarok met amarokke

2015-08-13 06:00
Skenk ’n rok en maak ’n verskil in ’n vrou se lewe. 
                                                                                                       Foto:
VERSKAF

Skenk ’n rok en maak ’n verskil in ’n vrou se lewe. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIRK Ellis Volkswagen het onlangs hulle Vrouemaandveldtog geloods ten bate van die Solidariteit Helpende Hand se Jeffreysbaai-tak.

Die doel – om ‘n Volkswagen Amarok Dubbelkajuit te vul met amarokke vir minderbevoorregte vroue.

Werner van Wyk, Bemarkingsbestuurder by Dirk Ellis Volkswagen, het die idee agter die inisiatief verduidelik: “Ons poog altyd om ons veldtogte te koppel aan een van ons VW-modelle.”

So hoekom die Amarok? “Die eerste ding waaraan ‘n mens dink wanneer jy die woord ‘Amarok’ hoor, is ‘n rok – rokke en vroue word vanselfsprekend verbind met mekaar. En natuurlik is vroue soos die Amarok se slagspreuk, wat lui: ‘Not just tough, smart.’”

Hy het bygevoeg: “As vooraanstaande motorhandelaar is ons afhanklik van ons gemeenskap om ons te ondersteun, daarom is dit belangrik dat ons ook terugploeg in ons gemeenskap. Ons wou nie hierdie veldtog alleen aanpak nie, aangesien dit vir ons belang-rik is om die gemeenskap betrokke te kry in ons gemeenskapsprojekte.”

Plaaslike besighede, kliënte en lede van die publiek het ‘n geselligheid by Dirk Ellis Volkswagen se vertoonlokaal bygewoon, en is gevra om ‘n rok en of rokke saam te bring om te skenk. Die rokke wat tydens die aand én gedurende Augustus-maand ingesamel word, sal aan Solidariteit Helpende Hand geskenk word om te versprei.

“Die een ding wat ‘n mens nooit kan vervang nie, is tyd. En dit is waarom dit vir ons so wonderlik is dat julle tyd gemaak het – die mense wat vir ons die rokke gebring het – om hierdie projek van Dirk Ellis te ondersteun”, sê Hugh McCabe (Streeksbestuurder van Solidariteit Helpende Hand). McCabe het uitgebrei: “Dit is werklikwaar ‘n voorreg en dit is waar die tyd inkom – wanneer mense hulle tyd gee, om aan ander mense se lewens ‘n verskil te maak.”

Die twee partye spoor die publiek aan om ‘n bydrae te lewer deur ‘n rok te skenk, hetsy dit ‘n nuwe en of tweedehandse een is. Rokke kan tot-en-met die einde van Augustus by Dirk Ellis Volkswagen afgelaai word

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.