Houtbeen-innovasie haal die pyn uit plafonwerk

2015-04-30 17:24
Bargain Store

Bargain Store

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sorg dat jy in Steytlerville uitkom om ondernemingsgees op sy beste te sien.

Daar in die Golden Valley-township sal jy ’n paar baie lang manne knap aan die werk kry. Nie só gebore nie, maar self só gemaak – op amper meter lange stelte.

“Só kan ’n mens mos baie makliker plafonne bykom sonder die alewige rondskuiwery van steierwerk,” het mnr. Chief Mngomezulu “vader” van hierdie oorspronklike oplossing al doer in 2003 gedink, en, só gemaak.

Aan sy sy is mnre. Sabelo Mngomezulu en Khanyile Notshe – die manne wat ook die “houtbeen-werkerskuns” aangeleer het.

En dié vernuftigheid sou maar so ongemerk verbygegaan het as mnr. Lucky Terblanche, amptenaar van die Baviaans-munisipaliteit, hulle nie op sy inspeksie-rondes raakgesien en sy kamera gegryp het nie.

“Dis amazing! In hierdie tawwe tye kom hierdie manne met ’n briljante plan vorendag om goeie geld te maak.

“Die houtbene spaar ongelooflik baie tyd. Hulle sit vier plafonne in waar die ander ouens net een plafon insit,” het Terblanche vertel.

Dié drietal werk as subkontrakteurs vir Cinzaco-kontrakteurs van Jeffreysbaai. Mnr. Christo Ferreira van dié maatskappy vertel ook hoe verbaas hy was toe hy hulle die eerste keer só sien werk het.

“As hulle voor jou op dié bene staan, is hulle amper drie meter lank.

“En hulle is só gewoond aan dié bene, hulle buk net as hulle by die deur kom, gaan onderdeur en loop rustig verder straat-af.”

Die baasbrein en “uitvinder”, Mngomezulu, het nie by die stelte gestop nie, maar nog ’n plan gemaak vir gereedskap en so aan.

“Ek het hulle ’n ruk dopgehou, want ek wou sien hoe hulle by hamer, spyker en saag gaan uitkom, toe sien ek dit hang ook alles aan die houtbene!

“Om dit te heg, ryg hulle toue om hul skoene en om die houtbene, net soos jy ’n skoen sal vasmaak. Tjop-tjop is die bene aan, tjop-tjop is dit af. Nee regtig, dit is ’n briljante idee,” het Terblanche weer sy lofliedere gesing.

Mngomezulu bly heel rustig te midde van die groot ophef.

“Die steiers was te lastig. Toe dink ek in 2003 aan die idee.” Tog sit dit sekerlik nie in enige man se broek om só te kan rondloop én werk nie.

“Nee wat,” antwoord Mngomezulu, “ek kan enige man tussen 18 en 35 leer om met die houtbene te werk.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.