Inwoner se dood ruk Humansdorpers

2015-07-23 06:01
Anton Stresso
 Foto: 
VERSKAF

Anton Stresso Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HUMANSDORPERS is verslae oor die onverwagse afsterwe van Anton Stresso (68), diereliefhebber en geliefde inwoner van die dorp.

Stresso (68) was op 2 Julie onderweg na Wellington in die Wes-Kaap toe ’n vragmotor glo naby Tsit­sikamma sy bakkie aan die regterkant gestamp en dit laat rol het. Hy is met kop- en handbeserings in die Kareedouw-hospitaal opgeneem en later na die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas.

Stresso is ontslaan, maar later in die Humansdorp-hospitaal opgeneem, voor hy ná ’n paar dae ontslaan is.

“Die afgelope Vrydag het Anton saam met sy vrou, Jenny, gesit en koffie drink en haar later gevra om vir hom droëwors te bring sodat hy dit vir sy hondjies kan voer. Jenny het dit gebring en toe uit die kamer gestap.

“Skielik het dit vir haar geklink of die hondjies baklei. Sy het weer die kamer binnegegaan en toe gesien haar man het gesterf,” het Kobus Gey­ser, ’n inwoner van die dorp, per epos laat weet.

NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.