Jan, die bielie van Cabo Tormentoso

2015-04-30 17:18
: 
Jannie Hough

Foto: 
VERSKAF

: Jannie Hough Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SO lees ek onlangs met verbystering van onse prez se diepe insig in die geskiedenis van die land.

Jan van Riebeeck, vloei die kennis uit sy wye mond, is die oorsaak van al die gemors in die land.

Ek vee die angssweet af - ten minste kom mý voorsate uit Duits-land. Ek is dus off the hook. Ek is ’n square kop, nie ’n kaaskop nie.

Ek wonder toe of die prez onthou van Bartholomeus Dias, Vasco da Gama, Francisco d’Almeido en ’n klomp ander trigger-happy snare met hul seemanskultuur en lojaliteit aan hul Europese en ander base. Hierdie menere het nie nonsies van kabouters gevat nie. Hulle het net een taal geken: klits my met ’n pyl en ek blits jou met ’n kanon. Ek dink toe onse Jan op 5 April 1652 op die toneel afgeseil kom, toe is die scenario reeds voorberei - fynproewermateriaal vir makabere oorlogsfilms.

Aan die ander kant is die prez heeltemal reg. Jan en sy troepe het net kom marakkas maak. As hulle vir Harry die Strandloper in vrede gelaat het, het hy reeds op 4 April begin om die Kaapse hawe, Adderleystraat, die wolkekrabbers, die spoorwegstasie, die kabelspoor, die Kaapse hawe, die parlementsgebou en die res van die infrastruktuur te beplan en blitsig te ontwikkel. En as ’n knol soos Joris van Spilbergen (watter ma gee haar kind so ’n naam?) nie Saldanhabaai na Tafelbaai verander het nie, kon Harry en sy hooggeleerde span argitekte hoeka dié baai aan die voet van Tafelberg Thabo M’Beki-strand genoem het.

Dan was tannie Patricia Kaapse Burgemeester nie vandag in die sop oor haar raad se gevry na oom FW nie. FW de Klerk-rylaan - verbeel jou! Waar was hý toe Harry en sy stoere volgelinge ’n werkbare plan moes bedink om renosterstropery deur die plunderende Van Riebeeck-bende stop te sit? Waar was hy toe hulle ons waterbronne met hul lewens moes verdedig?

Die prez is reg. As die 34-jarige Van Riebeeck met sy jeugdige voortvarendheid liewer tien seemyl van die Kaap af in sy kajuit gelê en seesiek word het, en die vreedsame inwoners van die land uitgelos het - dink, man, dink: dan het die inheemse volkere daai tyd al sel-fone ontwikkel; motors ontwerp wat Henry Ford se Model T soos ’n Dinky Toy laat lyk het; tjokkabote met helder ligte ter see laat vaar het; teerpaaie gebou het ... noem maar op. Oom Stephen Haw-king sê dan hoeka die wetenskap leer ’n mens kan agtertoe in tyd beweeg en vorentoe. Dit was harry se geheim: Foresight.

Maar toe kom Jan. Al die gemors wat Diaz en Da Gama en ander militante agtergelaat het, dryf toe nog vars in die arme inheemse inwoners se gemartelde siele rond. Toe voeg oom Jan insult to injury, en hy en sy seerotte shunt die plaaslike inwoners rond, skiet-skop-en-trek hulle velle af, gee hulle haasgras om te rook, aaklige Hollandse kaas om te eet, rooi papegaaisap om hul helder breine te benewel. En so by so begin allerhande gevoelens teen mekaar ontwikkel. Die oorsaak van al die nonsens wat ons deesdae moet verduur, is nie die inheemse manne se skuld nie, Steve, dis Jan van Riebeeck s’n. Kan jy dit dan nie in jou kop kry nie? JAN VAN RIEBEECK! Hý is die sondaar, die Filistyn, die lieplapper, die maaifoedie.

Die Rooi Barette se gedrag in die parlement - dis Jan se skuld. Verstaan mense dan nie die konsep van atavisme nie? Die Europeërs het die reine, aardse inheemses kom begogel. Nou slaan mense soos die Rooi Barette se gedrag maar net geneties terug na hul gemartelde voorvaders se seer denke. Sielkunde. Baie moeilik. Die onlangse rooi gety - alles Van Riebeeck se skuld. Sy gekarring in ons gebiedswaters het die stomme krewe se oerfamilie so getraumatiseer dat hulle nou, drie eeue later, van pure oorgeërfde skok, landsdiere wil word en en masse die oseaan verlaat. En so kan ons aangaan. Elke stommiteit, elke dwaasheid van die 21ste eeu - op Jan se rekening. Kierangs braai nou behoorlik.

Die land se Numero Uno is sowaar reg. Viva die prez! Viva sy historiese vaar-dighede! Viva sy vroue en kindertjies! (Ruimte ontbreek my ongelukkig om almal van hulle te besing).

Maar Viva anyway

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.