Jeffreysbaai gerat vir groot makietie

2015-06-25 06:00
Johnny Davids, veldaanbieder van die Kwêla-span, het in Mei vanjaar vir die eerste keer ’n branderplank bestyg tydens hul besoek aan Jeffreysbaai. 
             Foto:
MONIQUE BASSON

Johnny Davids, veldaanbieder van die Kwêla-span, het in Mei vanjaar vir die eerste keer ’n branderplank bestyg tydens hul besoek aan Jeffreysbaai. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SIT jou makietiehoed op en dra jou liefde vir Jeffreysbaai trots op jou bors.

Inwoners hou eersdaags die ‘makietie van die jaar’ en ’n glansryke Oscar-aand. Dít alles om die titel van Dorp van die Jaar vir 2015.

Om bewustheid onder inwoners te skep, word ’n familie pretdag op 4 Julie vanaf 09:00 tot 14:00 by Mentorskraal in Jeffreysbaai gehou. Die pretdag word saam met die JBay Boeremark gehou.

Inwoners kan uitsien na vermaak deur Soos Gras, die Happy Feet Line Dancers en die Laerskool Makukhanye-dansgroep.

’n 2km pret-hondestap, aangebied deur Jock Dogfood (’n filiaal van Afgri) vind om 10:00 plaas. Die inskrywingsfooi is R30 per hond en honde moet ten alle tye aan ’n leiband wees. Pryse sal toegeken word aan die hond wat nie net die mooiste lyk nie, maar sy of haar beste poot voor sit. Die hond wat op ’n haar na sy of haar eienaar lyk, sal ook met ’n lekker prys huiswaarts keer.

Fondse ingesamel is ten bate van die DBV in Humansdorp en JBay Animal Rescue. Vir meer inligting, kontak Jessica by 083 650 6373 of Laurena by 083 660 0189.

Kos- en kunsstalletjies, ’n hondeskou en aktiwiteite vir die kleinspan is verder op die feesspyskaart.

’n Oscar-aand, waar die Dorpenaars van die Jaar aangekondig sal word, vind op 8 Julie by Mentorskraal plaas.

Volgens organiseerder Madelein Zunckel, is die ’n aand vol pret en plesier wat groot reaksie op die dorp gaan ontlok. “Besighede, gastehuise, restaurante, boere, dorpenaars en kinders sal by die aand betrek word. Die wenners van die foto-uitdaging op ons Facebook-blad Jeffreysbaai vir Kwêla Dorp van die Jaar 2015, sal tydens die geleentheid aangekondig word,” sê Zunckel.

Inwoners kan hul gunsteling plaaslike besigheid, restaurant, gastehuis en persoonlikheid vir dié gesogte toekennings nomineer. Om ’n nominasie te plaas, SMS die sleutel- woord DORP, die kategorie gevolg deur die sub-kategorie en die naam van die besigheid na 45527. Byvoorbeeld: DORP Besigheid A Kouga Express.

Nominasies sluit om 12:00 op 30 Junie. Elke SMS kos R1.50.

Die top vyf nominasies in elke kategorie sal op 2 Julie in die Kouga Express verskyn. Inwoners het tot 12:00 op 5 Julie om te verseker dat hul gunsteling besigheid, restaurant, gastehuis of persoonlikheid die prys opraap. Om te stem, SMS die sleutelwoord DORP, katego-rie gevolg deur die sub-kategorie en die naam van die besigheid na 45527. Byvoorbeeld: DORP Besigheid A Kouga Express.

Die wenners sal tydens die Oscar-aand op 8 Julie aangekondig word en op 9 Julie in die Kouga Express verskyn.

Die kategorieë is soos volg:

BESIGHEID

A. Die vriendelikste personeel en die beste diens

B. Beste baas van die plaas

C. Besigheid met die grootste specials

D. Beste persoonlike assistent in die dorp

RESTAURANT

A. Lekkerste dis op die spyskaart

B. Restaurant met die lekkerste atmosfeer

C. Vinnigste diens

GASTEHUIS

A. Vriendelikste gasheer/vrou

B. Lekkerste ontbyt

C. Oorspronklikste naam

PERSOONLIKHEID

A. Grootste visserman op die dorp

B. Grapjas van die dorp

C. Mees entoesiastiese surfer op die dorp

D. Tannie met die grootste selfoonrekening

E. Skoolgaande dogter met die borrelendste persoonlikheid

F. Dogtertjie met die langste vlegsel

G. Seun met die meeste spiere

H. Skoolgaande seun wat die grootste gentleman in die dorp is

I. Braaikoning van die dorp

J. Coolste onnie op die dorp

Vir meer inligting of om ’n kunsstalletjie te bespreek, stuur ’n epos aan Madelein Zunckel by mzunckel@victorycs.co.za.

. Jeffreysbaai is die Oos-Kaapse finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2015.

Volgens Therese Benade, inhoudsvervaardiger by Kwêla, word die finaliste asook die wenner suiwer op grond van die publiek se stemme gekies. Die stemlyne sal eers vanaf 15 Julie aktief wees wanneer al nege streke se dorpsfinaliste bekend is. Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen R1 miljoen se bemarkings-waarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.