Kinders al hoe meer verstrengel in dwelmhel, maar ken jy die gevolge? advertensie-artikel || dwelmmisbruik

2015-06-25 06:00
Dwelms is vinnig besig om al hoe meer kinders in ’n net te verstrengel, vertel Quintin van Kerken van die Anti Drug Alliance-stigting in Suid-Afrika. Ken die feite en bemagtig jouself teen verslawing.
 Foto ter illustrasie: 
verskaf

Dwelms is vinnig besig om al hoe meer kinders in ’n net te verstrengel, vertel Quintin van Kerken van die Anti Drug Alliance-stigting in Suid-Afrika. Ken die feite en bemagtig jouself teen verslawing. Foto ter illustrasie: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Statistiek jok nie. Luidens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad is 1 uit elke 10 mense in Suid-Afrika verslaaf aan dwelms, met 11% van die totale bevolking wat iewers in hul lewe met verslawing te doen sal kry.

Daagliks word daar nuwe gevalle opgemerk van onbekende dwelms wat nou ook op straat beskikbaar is en hierdie vorige statistiek lelik laat wankel.

Dr. Vernon Wessels van ER24 vertel dat dwelms verskeie uitwerkings op gebruikers kan hê en inderdaad tot die dood kan lei as daar nie gou genoeg ’n intervensie plaasvind nie. Nog ’n groter effek is ander skadelike siektes en virusse wat opgedoen kan word.

“Dwelmnaalde wat via ’n aarinspuiting toegedien word, raak baie maklike ’n gemeenskaplike broeiplek vir MIV en Hepatitis B.”

Verslawing nie na die eerste gebruik

Dr. Wessels vertel ook dat verslawing gewoonlik nie na ’n enkele dosis ontwikkel nie, maar dat die gebruiker die eerste ervaring oor die algemeen as aangenaam ondervind, met die verwagting dat daar nog so ’n ervaring sal wees.

“Mense is natuurlik geprogrammeer om plesier te soek en enigiets wat hierdie plesier verskaf, word nagejaag. Met dwelms vorm daar vinnig ’n verslawing en verslaafdes neem toenemend meer dwelmmiddels om enige onttrekkingsimptome teen te werk. Die plesier móét eenvoudig ervaar word,” vertel hy.

Quintin van Kerken van die Anti Drug Alliance-stigting in Suid-Afrika, raai mense aan om hulself te bemagtig met feite van verslawing, hoe verslaafdes optree en hoe die hele proses werk.

Kinders raak al hoe vinniger verslaaf

Volgens Van Kerken is dwelmmisbruik onder skoolgaande kinders besig om teen ’n snel pas toe te neem. Statistiek toon dat byna driekwart van alle gebruikers dwelms reeds as tieners begin ­gebruik.

Dr. Wessels deel egter ’n skokfeit: hierdie kinders se organe is nog nie ten volle ontwikkel nie en dwelmmisbruik kan dié ontwikkeling stuit en ernstige probleme oor die lang termyn veroorsaak.

Kinders neem dwelms weens die effek wat dit op die brein het, sê hy. “Uiteraard bied dit ’n manier van ontsnap van stres, daaglikse probleme en studies.”

Die tol wat dit eis is egter nie die moeite werd nie.

“Dwelms, soos kokaiëne, is van die grootste oorsake van hartaanvalle onder jonger kinders, omdat die dwelm spasmas van die koronêre hartvate veroorsaak. Probleme met die asemhalingstelsel en konvulsies kan skade aan die brein aanrig en in sommige gevalle selfs dodelik wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.