Klein karetskilpaaie spoel uit

2015-04-30 17:13
Dylan Bailey, senior kurator by die Bayworld-oseanarium, wys een van die klein karetseeskilpaaie wat tans versorg word. Talle het op Jeffreysbaai se strand uitgespoel ná onstuimige seetoestande. Die karetskilpad is ’n bedreigde spesie.          
Fot

Dylan Bailey, senior kurator by die Bayworld-oseanarium, wys een van die klein karetseeskilpaaie wat tans versorg word. Talle het op Jeffreysbaai se strand uitgespoel ná onstuimige seetoestande. Die karetskilpad is ’n bedreigde spesie. Fot

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

GURE weer, springgety en gepaardgaande sterk seestrome het die afgelope tyd die seelewe skoon deurmekaar geklits.

Soveel so dat klein karetseeskilpaaie verlede naweek tussen Albatrosstrand en Kabeljous by Jeffreysbaai uitgespoel het. Cherie Lawrence van Bayworld in Port Elizabeth het bevestig dat hulle verlede week Donderdag reeds 23 skilpaaie ontvang het, maar dat die publiek daagliks steeds nóg daar kom aflaai.

“Die verskynsel is nie so buitengewoon nie,” het dr. Ronel Nel, senior lektor aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en kenner van kusekologie, strande en skilpaaie, gister gesê.

“Broeityd was skaars ’n maand gelede en die outjies is nog te swak om die onstuimige seetoestande te trotseer.

“Die publiek se hulp om die skilpaaie te help red word waardeer, maar hulle moet seker maak of dit ’n seeskilpad is of nie. Ek kry dikwels te doen met identifiseringsprobleme met skilpaaie.

“As hulle toontjies het, is dit nie ’n seeskilpad nie en moet hy asseblief nie in water gesit word nie. Net dié met swemvinne moet in seewater vervoer word.”

Karetskilpaaie is ’n bedreigde spesie en mag nie as troeteldiere aangehou word nie.

“Karetseeskilpaaie is ’n ware suksesverhaal vir bewaring,” het Nel gesê.

“Daar word die afgelope 50 jaar al gepoog om hulle van uitwissing te red en die afgelope tien jaar kan ons sien dat sukses behaal word. Die outjies wat nou uitspoel, is nie eens ’n druppel aan die emmer nie.”

Karetskilpaaie kom nou wydverspreid voor in die Atlantiese, Stille en Indiese Oseaan, asook in die Mediterreense See.

As lede van die publiek wat die skilpadjies optel hulle nie self na Bayworld kan bring nie, het Trumi Viljoen van Jeffreysbaai gevra dat die skilpadjies na die Wimpy in Oosterlandstraat in Jeffreysbaai gebring word, waar sy sal gereël het dat hulle veilig na Bay­world gebring word.

Viljoen is al langer as 15 jaar ’n kampvegter vir beseerde pikkewyne en ander gestrande seediere in haar omgewing en werk nou saam met die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in St. Francisbaai.

“Die skilpadjies is glad nie gevaarlik nie. Hulle is nog te klein, en weeg skaars 100 g.

“Sit hulle sommer in ’n roomysbak met so een sentimeter seewater sodat hulle kan asemhaal. Hulle kan dalk te swak wees om in dieper water na die oppervlak te swem vir lug,” het Viljoen gesê.

In die natuur vreet hulle sardientjies, jellievisse en bloublasies.

Hoewel volwasse karetskilpaaie gemiddeld 135 kg weeg, het sommiges al tot 450 kg gehaal.

Hulle word tussen 47 en 67 jaar oud.

) Bel Sanccob by 082 890 0207 vir hulp met enige verdwaalde of beseerde seediere

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.