Kouga burgemeester wil mense help

2015-08-06 06:01
Daphne Kettledas (59) is die eerste vrou in die geskiedenis van Kouga om die burgemeesterleisels oor te neem. 
                 Foto:
VERSKAF

Daphne Kettledas (59) is die eerste vrou in die geskiedenis van Kouga om die burgemeesterleisels oor te neem. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN haar hoëhakskoene, snyerspakke en keurige grimering lyk dit asof sy uit ’n modetydskrif gestap het. Dié dinamiese vrou staan egter nie terug wanneer dit by haar gemeenskap kom nie - of dit nou is om huise te verf of om kos aan minderbevoorregtes uit te deel.

Daphne Kettledas (59) is die eerste vrou in die geskiedenis van Kouga om die burgemeesterleisels oor te neem en sy is vasbeslote om haar plek in dié tradisionele manswêreld vol te staan.

“Dit is ’n eer en voorreg om as burgemeester gekies te word, ongeag of jy ’n man of ’n vrou is. Die feit dat ek die eerste vrou is wat die posisie in Kouga beklee, maak dit net meer spesiaal,” sê Kettledas.

“Polities gesproke, beteken dit baie vir my dat ons regerende party – wat my hier geplaas het - gewillig is om daad by die woord te voeg as dit kom by die gelykheid en regte van vroue.”

Volgens Kettledas wou sy nie noodwendig aan die stuur van ’n gemeenskap gestaan het. “Dit was nog altyd vir my belangrik om in ‘n posisie te wees waar ek mense kan help. Ek glo dat leierskap ‘n gesamentlike aksie is en dat die beste vorm van bestuur is om dié wat weet, toe te laat om hulle ding te doen.”

Na net minder as drie maande, bly tyd Kettledas se grootste uitdaging. “My aanstelling kom naby aan die einde van hierdie burgemeesterstermyn, dus is daar min tyd waarin ek baie sou wou bemagtig,” sê Kettledas. “Dit is nie altyd maklik om die leisels oor te neem by iemand anders en voort te bou op dit wat sy begin het nie. In hierdie opsig word ek egter ongelooflik bygestaan deur die raad as ‘n geheel en ons administrasie.”

Kettledas beskryf haarself as ’n mense-mens wat daarvan hou om met mense uit alle oorde te kuier. “Wat ek geniet van burgemeester wees, is dat dit my meer blootstelling gee aan ander gemeenskappe waar ek ‘n verskil kan maak,” sê sy.

Hoe vind sy ’n goeie balans tussen haar persoonlike lewe en die uitdagings waarmee sy daagliks te doen kry? “Tyd is ‘n uitdaging, maar wat ek wel geleer het, is dat ‘n mens moet tyd maak vir dit wat vir jou belangrik is en jou opbou. Ek probeer om so gesond moontlik te lewe en draf gereeld.”

Indien sy nie politiek as ’n loopbaan gekies het nie, sou sy graag die Springbokke wou afrig. “Ek kan nie wag vir die Wêreldbeker nie. Ek is mal oor sport en sou seker nie omgegee het vir ‘n beroep in die sportwêreld nie. Ek was egter bevoorreg om vir meer as 30 jaar ‘n onderwyseres te kon wees en ek sal daardie jare vir niks verruil nie.”

Kettledas se raad aan vroue wat ’n naam in die tradisionele manswêreld wil maak, is: “Glo in jouself, glo in wat jy doen, en doen wat jy doen met liefde.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.