Laagwaterbrûe met relings beveilig

2015-10-15 06:00
Motoriste kan nou met meer vrymoedigheid die twee laagwaterbrûe in Loerie gebruik nadat ongeveer R400?000 se veiligheidsmaatreëls hier aangebring is. Die verbeterings is aangebring nadat minstens 13 mense glo al by die brug afgery en verongeluk het.

Motoriste kan nou met meer vrymoedigheid die twee laagwaterbrûe in Loerie gebruik nadat ongeveer R400?000 se veiligheidsmaatreëls hier aangebring is. Die verbeterings is aangebring nadat minstens 13 mense glo al by die brug afgery en verongeluk het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Jaar nadat nóg vier mense by die Loerie-laagwaterbrug gesterf het, word relings vir veiligheid aangebring.

“Die brug voel sommer ­breër. Ons kan nou die brug se volle wydte benut en steeds veilig voel,” sê Robbie Robinson, ’n inwoner van Loerie wat skaars 100 m van die laagwaterbrug bly.

Die Burger het verlede jaar die brug, wat oor die Loeriespruit strek, besoek nadat ’n VW Golf met vyf insittendes van die brug afgestort het. Vier insittendes, waaronder ’n kleuterseun, het in die ongeluk verdrink.

“Die water langs die bruggie is so diep dat slegs die een wiel van die motor bo die water uitgesteek het,” sê Robinson na afloop van verlede jaar se ongeluk.

In ’n vorige voorval is vier lede van ’n gesin by die brug dood toe hul VW Kombi van die brug afgeloop het.

Inwoners se pleidooi om veiligheid is gehoor en die brug is teen ’n koste van R400 000 beveilig.

Beplanning het reeds verlede jaar begin en konstruksiewerk is teen die einde van verlede maand voltooi.

Volgens Hendrik du Toit, die projek se kontrakteur, het sy span spesiale klampe vir die burg se relings laat maak, en daarby ook 86 gespesialiseerde boute gebruik om die relings aan die beton vas te maak. “Die brug bevat baie staal, en ons het die gespesialiseerde boute gebruik om die relings stewig en veilig vas te maak.”

Du Toit sê soortgelyke veiligheidsmaatreëls is by ’n nabygeleë laagwaterbrug in Loerie aangebring om verdere verdrinkings te voorkom

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.