Ode aan Jackie Russell

2015-09-24 06:00

JACK Russell is die baksteenhoog wit hondjie met bruin kolle en die hart van verskeie leeumannetjies. Daar is heelwat huishoudings wat hierdie gevaarlike dier aanhou.

As jy nie met die spesie bekend is nie, net die volgende: Om ’n wilde skaapvretende luiperd veilig te vang, neem jou jeugvriend, Jonas, ’n streepsak, ’n geweer en doofpyle, en jou Jack Russel met jou saam. Klim self in die boom waar die luiperd skuil (hoekom moet Jonas dit doen, hê?) en skud die tak totdat luiperd op die grond beland. Die Jack Russell sal hom dadelik aan die keel gryp en Jonas sal die streepsak oor hom trek en toeknoop. Jack kan tot twintig luiperds per dag so buite aksie stel.

Jy sal nooit die geweer nodig hê solank jy jou Jackie by jou het nie. Jy neem dit net saam vir die dag as jyself per ongeluk uit die boom tuimel – in welke geval Jonas ongelukkig die wreedaardige hondgedierte sal moet verdoof. Ek weet dit is onsportief, maar dis óf jy óf die Jack Russell.

As huisdier (l.o.l.) moet hy van jongsaf ’n halsband dra – vir die kere wat jy hom met ’n osketting moet bedwing wanneer jy gaan stap. Anders dagvaar al die bure jou oor hulle dooie honde. Die aansit van die halsband is natuurlik ’n ander ball game waaraan gewone mense liefs nie moet deel hê nie.

Gaan soos volg te werk: Sit die diertjie op jou skoot, en terwyl hy soos ’n besetene op- en af-spring en jou gesig sopnat lek, probeer jy die halsband om sy keel kry.

Kyk wat van die halsband oorbly en soek die dierasie onder die rusbank. Knyp hom tussen jou enkels vas en moenie skrik as dit lyk of sy oë uitpeul nie: dis alles deel van sy strategie. Probeer die band van bo af aansit. Die lemskerp babatande sal dadelik ’n paar gapende wonde in jou vel invreet. Kry ontsmetmiddel in die medisynekas, en as die ergste bloed verwyder is, soek die dokter se noodlyn op jou selfoon. Roep vir Jonas.

Hark weer die dol brak onder die bank uit en vra vir Jonas om hom vas te hou. Tussen Jonas se “Jô-Jô-die-deng-hy’s-mal” en die skoppende, bytende, tjankende ongedierte se skuimbek deur, probeer jy weer ’n slag. Hierdie keer kry hy jou arm beet en ruk die vel oop tot net duskant jou medulla oblongata. Jy én Jonas hardloop badkamer toe terwyl julle bloed op die mat tap. Jackie maak ’n kraak vir die oop deur.

In die agterplaas het die besetene intussen ’n pofadder en twee van jou spoghoendertjies onthoof. Jonas kry hom aan sy keel beet en bind hom in ’n plastiek toe sodat net sy kop en wilde oë sigbaar is. Alles meer as dit is gelyk aan selfmoord. Forseer die klappende kake met tou toe en gespe die oorblyfsels van die halsband deeglik vas. Draai die gespe met draad vas. En sit sommer ’n tweede halsband aan vir ingeval.

Laat die brullende brak los en gaan binnetoe om die skade in die huis vas te stel en orde te skep voordat jou vrou huis toe kom en vir jou sê: “Ek het jou mos gewaarsku.” Laai Jonas in die motor en gaan na die ongevalle-afdeling waar die teater reeds gereed is om jou en Jonas te probeer deurtrek.

Ek dog ek sê maar net...in geval jy beplan om ’n Jackie te koop.

(Vir ons goeie vriendin Lorraine!)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.