‘Ons sal plan tot in hoogste hof beveg’

2015-06-02 06:56

AGRISA sal die regering se drasties gewysigde grondplafonvoorstelle tot in die hoogste hof beveg as dit daarop neerkom.

Dié besluit is geneem, luidens die landbou-organisasie se maandelikse omsendbrief, in reaksie op Gugile Nkwinti, minister van Landelike Ontwikkeling en grondhervorming, se planne om die Grondplafonne op boere af te dwing.

Nkwinti het ná ’n vergadering met landbou-organisasies oor hul ontevredenheid met sy grondplafonplanne Vrydag in Pretoria, hulle tot vandeesweek kans gegee om hul griewe daaroor aan hom te rig.

Annelize Crosby, AgriSA se regsverteenwoordiger, sê AgriSA het ’n brief aan Nkwinti gestuur waarin die organisasie sy standpunt oor grondplafonne uiteensit.

Linda Page, Nkwinti se woordvoerder, het vroeër bevestig landbou-organisasies het nog tot môre om hul griewe in te dien.

Crosby het in die AgriSA-omsendbrief onder meer geskryf die organisasie is steeds oortuig dat grondplafonne nadelig vir die bedryf, voedselsekerheid en maatskaplike stabiliteit is.

“Ongeag die feit dat (Nkwinti) deur regs- en landbou-ekonomiese kundiges teen grondplafonne gewaarsku is, en ongeag internasionale ervaring wat dui op die groot nadelige impak daarvan, wil die minister voortgaan met wetgewing wat grondplafonne sal afdwing.

“AgriSA sal nié deel hiervan wees nie. As die minister voortgaan met die voorstelle, sal AgriSA al sy opsies oorweeg, insluitend om die wetgewing in ’n hof te beveg as dit daarop neerkom.”

Louis Meintjes van TLU SA sê hulle sal nie deel wees van prosesse wat die ekonomie gaan vernietig nie.

“Ons voel dat die fokus te veel op transformasie is terwyl dit op landbou- en voedselsekerheid moet wees,” voeg hy by.

- Llewellyn Price

Dít is van die bevindings van ’n persepsiestudie wat ’n onafhanklike navorsingsmaatskappy vroeër vir die landbou-organisasie AgriSA gedoen het en wat ses dae gelede op die jaarvergadering van die Oranjerivier-landbou-unie bespreek is.

Die studie is gedoen onder boere van wie 58% tussen 45 en 64 jaar oud is, sowel as onder verbruikers oor hul persepsie van die landbou.

Van die bevindings was:

)

94% van die boere is positief oor die landbou as ’n loopbaan;

)

88% voel dat boere se bydrae deur die publiek verstaan en waardeer word; en

)

78% meen hulle is aktief betrokke by gemeenskapsaktiwiteite in hul gebiede.

Meer as 60% van alle boere, ongeag hul jaarlikse omset, is pessimisties oor grondeienaarskap in Suid-Afrika.

Daarby meen 53% hulle gebruik nuwe tegnologie op hul plase.

Van die bevindings van die meningspeiling onder verbruikers was:

) die landbou dra betekenisvol tot die ekonomie by en boere is hardwerkend;

) Suid-Afrika het ’n sterk landbou-tradisie, die landbou is ’n belangrike bedryf en dit moet beter deur die regering ondersteun word;

) Boere word nie altyd gerespekteer nie; en

) Boere sien nie na die welstand van hul werkers om nie.

) Verbruikers erken ook die moeilike omstandighede waaronder geboer word in SA.

Sowat 75% van Suid-Afrika se boere meen die regering het ’n vyandige houding teenoor die landbou. ’n Verdere 64% voel ook dat die media meestal landbouers negatief uitbeeld

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.