Plan ‘verdeel landbou oor klas- en raslyne’

2015-06-25 06:00
Gugile Nkwinti

Gugile Nkwinti

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE voorgestelde verbod op buitelandse grondeienaarskap het die landbougemeenskap oor klas- en raslyne verdeel, het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gesê.

“Die lyne hier is skerp getrek. Die verbod op grondeienaarskap deur buitelanders het sterk reaksie van die Bankvereniging van Suid-Afrika, Agbiz en Agri SA ontlok,” het Nkwinti gister in sy begrotingsrede in die Nasionale Raad van Provinsies gesê.

Die grondslag van hul verwerping is dat dit buitelandse beleggers sal vervreem – nie net in die landbousektor nie, maar die ekonomie in geheel, het Nkwinti gesê.

“Ons stem beslis nie saam daarmee nie. Ons oortuiging is dat enige belegger, hetsy plaaslik of internasionaal, beleidsekerheid wil hê. Sodra hulle verstaan wat daardie beleid is, sal hulle dienooreenkomstig aanpas,” het hy in sy voorbereide toespraak gesê.

Daar was ook duidelike teenkanting teen die voorgestelde perk op grondeienaarskap, het Nkwinti gesê. Hy het in Mei gesê voorstelle vir grondplafonne vir die landbousektor sluit in dat:) kleinskaalse plase ’n maksimum van 1 000 ha beslaan;) mediumgrootte plase 2 500 ha; en) grootskaalse plase 5 000 ha moet beslaan.

Enige grond wat die kategorie klein, medium of groot asook die bó die 12 000 ha-maksimum oorskry, sal onteien en herverdeel word. Vergoeding sal op grond van die billike en regverdige beginsel plaasvind soos vervat in art. 25 van die Grondwet. ’n Spesiale kategorie vir plase van 12 000 ha sal geld vir bosbou, wildplase en energieplase.

Nkwinti het gister gesê benewens die herverdeling van grond om nie-rassige grondeienaarskap te verseker, moet die patrone van eienaarskap en beheer in kommunale gebiede wat deur tradisionele instellings beheer word, in die pas gebring word met die Grondwet. ’n Wetsontwerp sal in dié verband by die parlement ingedien word sodra alle belanghebbende partye daaroor geraadpleeg is.

’n Beleid word tans ontwikkel om volle titelaktes aan huishoudings te gee wat grond onder kollektiewe instellings soos die trusts en kommunale eienaarsverenigings bekom het.

Die doelwit van die beleid is onder meer om die rol en verantwoordelikheid van die staat, bestuurstrukture en huishoudings duidelik te maak en om grond te beskerm

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.