Pleegma reik nou na gemeenskap uit

2015-04-30 17:13
Jennifer Taljaard wil gemeenskaplede in nood bystaan.
                  Foto:
MONIQUE BASSON

Jennifer Taljaard wil gemeenskaplede in nood bystaan. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TERWYL die koue jou aan ’n beker warmsjokolade voor ’n gesellige kaggelvuur laat dink, is daar baie mense wat sukkel om te oorleef - hulle het geen skuiling, warm klere of kos nie.

Dié lot van behoeftiges in Humansdorp gaan nie ongesiens by ’n pleegma van vyf verby nie en sy hoop om met die hulp van die gemeenskap oorlog teen koue winters te ver-klaar.

Jenny Taljaard (60) kén van swaarkry. Eens ’n top sekretaresse met ’n goeie salaris, oorleef sy en haar familie vandag op ’n staats-toelaag. Hulle motor is gesteel, helfte van hul huisware moes verkoop word om kop bo water te hou en heel kouse is ’n luukse. Nie een van haar kinders het ooit met ’n leë maag gaan slaap nie.

Vir die afgelope 30 jaar maak sy haar hart en huis vir pleegkinders oop. Taljaard, ’n ma van vyf en ouma van 17 kleinkinders, het al 35 pleegkinders onder haar vlerk geneem.

Volgens haar was sy van jongs af lief om jonger kinders te help en te versorg.

Nou wil sy die hele gemeenskap bystaan.

“Dit breek my hart om die armoede rondom my te sien,” sê Taljaard. “Dit word winter en dit word koud. Ek wil uitreik na gesinne wat die winter met warm klere, komberse en kos gaan sukkel. Daar is soveel armoede rondom ons waarvan ons nie bewus is nie. Kinders gaan daagliks honger skool toe, gesinne slaap op matrasse in ander mense se motorhuise en warm klere is ’n hartsbegeerte.”

Volgens Taljaard, behalwe vir kos en warmgoed is daar ’n groot behoefte aan kaste, beddens, matrasse, kussings, skoolbehoeftes en bababenodigdhede.

“Elkeen wat ’n donasie maak, sal volledige terugvoering kry oor waarheen die goedere gaan,” sê Taljaard.

Taljaard doen naaldwerk om ’n ekstra in-komste te verdien.

Vir meer inligting, kontak Taljaard by 079 072 8129

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.