Sentrum fokus nou op brilpikkewyn-lewe

2015-05-21 06:00
Die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Beskerming van Kusvoëls (Sankub) se tak in Kaap St. Francis het onlangs saam met hul twee-jaar-bestaansviering die 1?000-merk van gerehabiliteerde seevoëls oorskry. 
     Foto: 
Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Beskerming van Kusvoëls (Sankub) se tak in Kaap St. Francis het onlangs saam met hul twee-jaar-bestaansviering die 1?000-merk van gerehabiliteerde seevoëls oorskry. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Sankub-pikkewyn-rehabilitasiesentrum op Kaap St. Francis was twee jaar gelede skaars op die been, toe is daar die groot inval van die oliebesmeerde pikkewyne.

Dae tevore het die Kiani Satu-olietenkskip naby Knysna gestrand en die een na die ander oliebesmeerde malgas en pikkewyn moes weer op die poot gehelp word.

Dit was pas nadat Sankub (SA Nasionale Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls) in 2013 die Penguins Eastern Cape-rehabilitasiesentrum in Kaap St. Francis oorgeneem het.

Lede van Sankub asook vrywilligers het onvermoeid gewerk en kon oplaas 95% van die oliebesmeerde pikkewyne suksesvol rehabiliteer.

“Vir ons was dit ’n teken dat die toekoms suksesvol kan wees,” het Louanne Mostert, Sankub se bemarkingskoördineerder, nou twee jaar later gesê.

Destyds is 103 gerehabiliteerde Afrika-pikkewyne en meer as 170 malgasse vrygelaat.

Volgens Mostert het Sankub tot nou al meer as 1 000 seevoëls gerehabiliteer.

“Nóg ’n hoogtepunt is die erkenning aan die sentrum as toeriste-aantreklikheid. Dit het tot gevolg gehad dat ons die afgelope Desember ’n baie geslaagde pikkewyn-vakansieprogram aan groot getalle toeriste kon aanbied en ons beursie is met R250 000 gestyf.”

In reaksie op die vraag oor enige laagtepunte gedurende die twee jaar het Mostert sonder huiwering geantwoord: “Die dood van Wilna staan bo alles uit.”

Wilna Wilkinson (36), wat ’n bestuurder van Sankub se tak in Kaap St. Francis was, het verlede jaar verongeluk.

Wilkinson se posisie as rehabilitasie-koördineerder is tydens die tak se tweejaarviering deur Juanita Raath,’n gekwalifiseerde veeartsenykundige verpleegster van Noord-Wes, gevul.

Mostert het gesê Raath het voor haar aanstelling in Kaap St. Francis drie maande intense opleiding in Kaapstad se Sankub-tak ondergaan en is oorgehaal om die Kaap St. Francis-tak nog groter te laat groei.

Volgende op die prioriteitslys vir Sankub is ’n navorsingsprojek oor pikkewyne se sterftesyfers in Algoabaai, spesifiek op Bird-eiland en St. Croix-eiland, waar meer as 60% van die wêreld se Afrika- (bril)pikkewynkolonie gevestig is.

“Ons stel ook gebeurlikheidsplanne saam om nog beter voorbereid te wees wanneer daar weer oliebesoedeling aan die Oos-Kaapse kus voorkom,” het Mostert gesê

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.