Skollie steeds bobaas van Baviaans

2015-04-30 17:18

= ’n Heilige oomblik saam met Skollie, die wêreldberoemde toergids in die Baviaanskloof.                 
Foto: 
HEILIE COMBRINCK

= ’n Heilige oomblik saam met Skollie, die wêreldberoemde toergids in die Baviaanskloof. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Mense het mos die gewoonte om jou skeef aan te kyk wanneer jy vertel van ’n dier wat jou uit éie wil kies vir die belewenis van ’n leeftyd. Daar is mos te veel die diere wie se gees op wrede wyse vir die mens se genot gebreek word.

Maar Skollie, die “amptelike” toergidshond van die Baviaanskloof, laat hom nie inbreek nie. Hý kies die mense wat saam met hom deur sý Waterkloof gaan stap.

Jý stap saam met Skollie, hy stap nie saam met jóú nie – so deur die kloof waar die fonteine diep tussen die rotskranse loop, die varkore soos reuse groei en die bome verdiepings hoog staan.

Sewe jaar gelede het Skollie my die eerste keer geweeg en swaar genoeg bevind om saam met hom deur sy kloofkerk te gaan stap. Net ek en hy. Dit was meer as ’n heilige belewenis.

Al dié dinge verduidelik ek aan kollega Heilie Combrinck op pad na die Baviaanskloof.

Vroeër in die week het die ding om weer saam met Skollie te stap, aan my binneste gevreet: Sy uur is laat, hy is 11 jaar oud – 77 in mensejare.

Ons kry Skollie by die Kolgans-boshut op Bo-Kloof. Twee Vrystaters het pas daar ingeboek. Anina, sy mense-ma, sê Skollie het klaar besluit om saam met hulle te stap.

Ons roep hom nader, doen ons bes om hom af te vry. Hy kom groet lyfskuur en natsnoet . . . en draai terug na die boshut.

“Stuur hy ons stert tussen die bene weg,” sê ek vir Heilie. Sy lag.

“Hy het hond se gedagtes oor ons motiewe gekry!” En daar gaan die Vrystaatse egpaar met hom na sy Waterkloof.

Onthou, Skollie het nie ’n saak met mense-sentiment nie. Net sowel, want was dit anders, sou hy swarthondpil én rumatiekpil moes drink met die knaende mense-dagsê en -totsiens.

Die volgende oggend keur Skollie ons twee goed om saam met hom deur Waterkloof te gaan stap. Hy hardloop vooruit, ruik aan bos, grond en klip waar bobbejaan, skillie en dassie kom loop het, lig been en sit weer sy handtekening daarop.

Die son bak warm, die aarde is kurkdroog. Ons wil gou in die kloof kom, maar Skollie skiet eers regs na digte bos. Bly daar totdat ons gaan kyk. Ah, die eerste plek waar fonteinwater weer bo die grond uitgekom het!

Toe maak ons soos hy en drink die suiwer water, en hy draf weer tevrede vooruit. Kyk kort-kort om te kyk of ons nog aankom. Seker al die afgelope 11 jaar geleer dat die mense wat saamstap, baie stilstaan om die kontrasterende natuurprag in te neem, te kiek of net te peins.

Net voor die plek waar die kranse mekaar in die oë begin kyk, spoel die fonteinwater glashelder oor klip en verby reuse-varings aan die rotswande. Sewe jaar gelede het ek gedink dis die eindpunt en het ek gaan sit. Skollie het bly terugkyk totdat ek hom verder gevolg het. Nou is dit weer so.

Heilie praat niks nie. Jip, dis moeilik om emosies te verwoord wanneer ’n hond sý wêreld met jou deel. Wanneer hy jou vat tot waar die wildevy en die witstinkhout-wolkekrab-ber is, die padda blinklyf op ’n klipbak, die aronskelk wit-oor blom en die spoelklippe blink onder fonteinwater.

Skollie wys Heilie hoe hy ’n paddavis vang en ’n akkedis diep onder ’n klip kan injaag. Êrens blaf ’n bobbejaan. Die dassies skarrel weg. Die bos het seker gehoor Skollie is (weer) hier.

Op pad terug gaan lê Heilie platrug op klip langs die kabbelende water. Peinstyd. Stiltetyd. Skollie, sy gesig in ’n vraagteken getrek, draf nader. Ons het langer gesit en net “ge-is” as wat ons gedink het.

Ja, as Skollie, Oudemeester van die Baviaanskloof, jou gekies het, bly hy by jou.

- Mariska Spoormaker

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Hip Cape Town bars to discover this summer
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.