Skoolhoof lei met integriteit

2015-10-15 06:00
Craig Nicholson het op 1 Oktober amptelik die leisels oorgeneem as die eerste skoolhoof van die Hoërskool Jeffreysbaai. 
Foto:MONIQUE BASSON

Craig Nicholson het op 1 Oktober amptelik die leisels oorgeneem as die eerste skoolhoof van die Hoërskool Jeffreysbaai. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIÉ skoolhoof glo niemand is ooit te oud om te leer nie.

Hý bestee self ure agter die boeke. Hoewel nou nie wiskunde- of wetenskapboeke nie, nogtans leer Craig Nicholson daagliks by kenners hoe om met integriteit te lei - iets wat hy in sy alledaagse lewe toepas.

Sy passie: kinders. En om alles te kroon gee hy erkenning aan sy Skepper vir die geleentheid om leerders vir die volwasse arbeidsmark gereed te maak om hul plek vol te staan.

Met 27 jaar se ondervinding, het Nicholson op 1 Oktober amptelik die leisels as die eerste skoolhoof van die Hoërskool (Komprehensiewe) Jeffreysbaai oorgeneem. Deon Goosen, gesekondeer deur die Departement van Onderwys, het sedert die aanvang van die tweede kwartaal vanjaar as waarnemende skoolhoof waargeneem.

Nicholson, oorspronklik van Somerset-Wes, het reeds in gr 11 geweet dat hy onderwys sy beroep wil maak. Hy het in 1988 as ’n Houtwerk en Ingenieurstekeninge-en-Ontwerp onderwyser begin skoolgee. Hy het onderskeidelik vir sewe-en-’n-half jaar en tien jaar onderwys by die Port Rex Hoër Tegniese Skool en die Cambridge Hoërskool in Oos-Londen onderwys gegee, voor hy sy kragte onderskeidelik by die Hoërskool Stutterheim en die Hoërskool Windsor in die Wes-Kaap gevoeg het.

Nicholson glo dat hy as die skool se nuwe herder ’n leier is met ’n visie vir die toekoms en ’n hoë voorkeur aan die benutting van menslike hulpbronne - wat ouers, onderwysers en ondersteuningspersoneel insluit - sal gee.

Nicholson se langtermyn visie is om die skool van 460 gr 8 en 9-leerders na meer as ‘n 1 000 leerders te laat groei.

Maar vir nou is daar vier take wat sy onmiddellike aandag vereis.

“Heel eerste wil ek die skool in ’n gemeenskapskool verander. Leerders van alle agtergronde - ryk of arm - moet by die skool kan inskryf sonder om skoolgeld te betaal,” sê Nicholson.

“Ek wil tegniese vakke deel van die leerplan maak. Die skool moet ambagsmanne oplei wat die gebied dien. Hy beoog verder om die skool as ’n merksentrum daar te stel wat ’n nodige finansiële inspuiting vir die plaaslike eko-nomie sal teweegbring, sowel as nasionale, sportwedstryde aan te bring.”

Volgens Nicholson moet ’n onderhoof en twee departementshoofde aangestel word, en daar moet aansoek gedoen word vir die aanstelling van nog onderwysers om toe te laat vir die groei na gr 10 volgende jaar.

In sy vrye tyd, lees Nicholson graag boeke oor leierskap. Dit sluit in boeke deur Stephen R. Covey, Myles Munroe en John C. Maxwell

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.