Vrou bestuur ’n grote

2015-08-06 06:00
Elizabeth de Waal (48) is een van ’n handjievol vroue wat daagliks agter die stuur van die grootste vragmotor - die Interlink - op Suid-Afrika se paaie inskuif, en en met gemak bestuur. Lees die volledige artikel op bladsy 2.

Elizabeth de Waal (48) is een van ’n handjievol vroue wat daagliks agter die stuur van die grootste vragmotor - die Interlink - op Suid-Afrika se paaie inskuif, en en met gemak bestuur. Lees die volledige artikel op bladsy 2.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE oë rek en die tonge klap as inwoners die fyngeboude vrou agter die stuur van ’n kragtige vragmotor sien. Die aanvanklike skok verander gou in bewondering wanneer sy haar bestuursvernuf met dié staalmonsters wys.

Ten spyte van die feit dat Elizabeth de Waal (48) ’n vrou is wat in ’n tradisionele manswê-reld presteer, voel sy dat sy niks van haar vroulikheid hoef prys te gee nie - nie eens haar pienk lipstiffie nie.

Sy is een van ’n handjievol vroue wat daagliks agter die stuur van die grootste vragmotor - die Interlink - op Suid-Afrika se paaie inskuif, en met gemak bestuur. “Dit is absoluut fantasties om met ’n swaar vrag te bestuur,” sê Elizabeth. “Dit is met ’n trotse gevoel dat ek agter die stuurwiel inklim en weet dat ek as vrou, in beheer van so ’n groot vragmotor is.”

Elizabeth bestuur al vir meer as vier jaar vir Woodlands Dairy in Humansdorp. Sy het as ’n melktenkwa-drywer by hulle aangesluit en na twee jaar koningin oor die Tautliner-vragmotor gekraai.

Kan sy dié staalreus in trurat bestuur? Sy lag te lekker. “Ja, natuurlik. Daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie die vragmotor moet terugstoot nie. Dit is fantasties om jouself konstant te toets en te sien waar jy die sleepwaens kan instoot.”

Volgens Elizabeth bied haar werk talle uitdagings, onder meer om die vrag foutloos van punt A tot punt B te kry. Dit beteken sy mag nie die spoedgrens oorskry nie, asook nie skielik stop of versnel nie.

“Die grootse uitdaging is om die swaargelaaide vragmotor op die langpad te bestuur - deur smal paadjies en ongure weeromstan-dighede - en steeds jou vrag ongedeerd by die eindbestemming besorg.” sê sy.

Wat behels ’n normale werksdag vir ’n swaarvragmotorbestuurder by Woodlands Dairy? “Jou werksdag begin reeds vroeg in die oggende - soms nog voor die voëltjies begin sing,” vertel Elizabeth. “Heel eerste ondergaan jy ’n alkohol-verklikkingstoets. Dan begin die werk. Eerstens moet jy die voorhakker van die melktenkwa afhaak en aan die Tautliner Interlink koppe. Daarna word jou vrag gelaai. Jy moet self die seile van die Tautliner vir die laaiproses oop- en toemaak. Na die vrag gelaai is, begin die lekker deel - om die vrag na sy bestemming te neem, hetsy na Woodlands se pakhuise op na die pakhuise van kliënte in Port Elizabeth, Patensie, George en Mosselbaai.”

Elizabeth se liefde vir swaar voertuie gaan amper drie dekades terug. “Ek het 26-jaar terug my kode 11-lisensie gekry en as busbe- stuurder vir die destydse Pretoria Stadsraad gewerk. Dit was ’n groot uitdaging om die dubbeldek-busse vol sittende en bestaande passasiers te bestuur. Soms wou die ouer mense nie inklim nie - ek het te jonk en klein vir hulle agter die groot stuurwiel gelyk,” sê sy laggend. “In die jare daarna het ek kode 10 afleweringsvragmotors bestuur en mettertyd groter vragmotors.”

Swaar voertuie vorm ’n belangrike deel van Elizabeth se familie. Haar niggie, Cindy Craig, bestuur die mektenkwa by Woodlands en haar broer Gerhard Combrinck bedryf sy eie vervoer-onderneming.

Indien Elizabeth nie ’n vragmotorbestuurder was nie, sou sy graag ’n beroep van na- tuurfotografie wou maak

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.