DIE winterkoue was vergete toe twee splinternuwe motors in ware Bingo Royale-styl op 8 Augustus weggegee is.
Honderde opgewonde bingo-liefhebbers het die Bingo Royale-takke in Jeffreysbaai en Clearypark, Port Elizabeth volgepak om deel van die aksie en pret te wees toe die motortrekking en ander pryse uitge-deel is.
Colleen Booysen het met die bars van ’n ballon die oorstelpte eienaar van ’n splinternuwe Toyota Etios op Jeffreysbaai geword.
Die opwinding en pret het ook na Clearypark oorgespoel waar Glenda Okkers die eerste blinknuwe Toyota Etios, wat die afgelope twee maande buite ge-staan het, gewen het.
Boonop het gelukkige Bingo Royale partytjiegangers R5 000 in gelukstrekkings gewen, met honderde rande wat by beide sentrums uit die lug ge-reën het.
Talle het die meeste van die aand gemaak deur ’n maaltyd en goeie geselskap by Vinny’s Italian Joint in Clearypark en die Bingo Royale Café op Jeffreysbaai te geniet.
Melvyn Matthews het dievermaak op Jeffreysbaai verskaf, terwyl die Algoa FM DJ Charlton Tobias byderhand was om die makietie woema te gee.
Patrick Lindoor het weer die vermaak by Clearypark verskaf, met Algoa FM se KayCee Rossouw wat die seremoniemeester was.
Nuwe Toyota Etios motors is ook by Bingo Royale in Oos-Londen en Ritz Bingo in Mthatha op die spel.
Die Mthatha-trekking vind op 26 September om 16:00 plaas, en in Oos-Londen op 3 Oktober vanaf 18:00.
Bingo-spelers in Jeffreysbaai en Clearypark sal die geleentheid kry om ’n nuwe motor tydens gelyktydige trekkings op 3 Oktober om 21:00 te wen.
Al die motortrekkings sal gepaardgaan met lewende musiek, kontantpryse en geld wat uit die lug reën.
Al vier bingo-sentrums in die Bingo Royale-familie sal elke twee maande nuwe motors weggee.
Die motors is by die ingang van die sentrums te sien