AfriForum bring aartappels vir dorp

2020-05-21 06:03
Dries du Preez, takvoorsitter van AfriForum Jeffreysbaai-tak het verlede Woensdag ’n aartappelskenking van 28 ton van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang.         Foto:MONIQUE BASSON

Dries du Preez, takvoorsitter van AfriForum Jeffreysbaai-tak het verlede Woensdag ’n aartappelskenking van 28 ton van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’N WIT vragmotor met twee swaargelaaide sleepwaens kreun stadig oor Afrika se eerste ‘plastiekpad’ onderweg na Bay Pasta Co. in Jeffreysbaai.

Híér wag tientalle vrywilligers om sakke en sakke aartappels af te laai. Nagenoeg 28 ton, òf vierduisend 7kg-sakke aartappels.

Die Jeffreysbaai-tak van die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Woensdag, 13 April ’n aartappelskenking van 28 ton van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang.

Dié skenking gaan gebruik word om voedselnood te verlig wat weens die huidige inperking vir Covid-19 pandemie in Jeffreysbaai, Humansdorp en omliggende gebiede voorkom.

Takvoorsitter Dries du Preez het die skenking bekom – die tweede 28t-skenking in twee weke – en fondse is bewillig om vervoerkostes te dek.

Die waarde van die twee vragte, insluitende die vervoerkoste, beloop nagenoeg R250 000.

Die aartappels is na ’n stoor geneem, waar dit verpak en na organisasies soos Bay Pasta Co, Let’s Feed JBay, die munisipale voedingsprogram en kerkgroepe versprei sal word.

Plaaslike ouetehuise, buurtwagte en kleiner organisasies vind ook baat by die skenking.

Du Preez sê: “Toe my boerevriende van Christiana laat weet dat hul nóg ’n vrag aartappels aan AfriForum se Jeffreysbaai-tak wil skenk, het ons nie ’n oomblik gehuiwer om die fondse be-skikbaar te stel om dit na Jeffreysbaai te vervoer nie. Net soos die res van Suid-Afrika, word Jeffreysbaai lam gelê deur die Covid-19-pandemie. Dit is die armstes van die armes wat die ergste getref word. Daarom het ons ingespring en met hierdie skenking ons toewyding aan die hele gemeenskap onderstreep.

“Dié produk word so wyd as moontlik versprei om die maksimum aantal voedselprogramme in die gebied van aartappels te voorsien – ’n noodsaaklikheid in enige kospakkie.

Volgens Du Preez, is dit noodsaaklik dat alle besighede so spoedig moontlik open. Nie net om die plaaslike ekonomie van ondergang te red nie, maar ook om hongersnood te voorkom.

8 Besoek die Kouga Express Facebook-blad vir ’n video oor die groot skenking.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.