Alan en Nadine: ’n sprokie word waar

2016-10-20 06:00
Allan Louet en Nadine Visser het op 2 Oktober vanjaar uit die seer van die verlede gestap en hulle liefde met ’n emosiegevulde huwelikseremonie by Mentorskraal vervul.                             Foto: VERSKAF

Allan Louet en Nadine Visser het op 2 Oktober vanjaar uit die seer van die verlede gestap en hulle liefde met ’n emosiegevulde huwelikseremonie by Mentorskraal vervul. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ALAN Louett en Nadine Visser het op 2 Oktober, vanjaar uit die seer van die verlede gestap en hul liefde met ’n emosiegevulde huwelikseremonie by Mentorskraal vervul.

Twee mammas het Kupido gespeel toe Nadine net vyf-tien was, en besluit dié twee is vir mekaar gebore. En toe begin Alan, ’n Nico Malan-oudleerling, se vele kuiers in Brakpan – ses keer elke jaar vir drie jaar lank – op sy kragtige BMW 7800 ST-padmotorfiets. Sonder om te stop – behalwe vir die noodsaaklike; baie selde per vliegtuig, en per motor toe hy haar na drie jaar Jeffreysbaai toe bring sodat sy naby hom kan wees. Dít nadat sy haar skoolloopbaan by die Hoërskool Die Anker in Brakpan voltooi het. Die langafstandverhouding het die toets deurstaan.

Hulle het baie motorfiets gery – hy altyd die versigtige een in die middel van die linkerbaan. En dit was altyd ongelukvry. Maar bietjie meer as vyftien maande gelede was hulle om 18:20 op die N2 buite die Kareedouw-pad, met ’n vriend op sy eie motorfiets agter hulle. Soos gewoonlik op die motorspoor, toe Nadine ineens voel sy moet bid. Daarna het sy niks meer onthou nie.

Volgens die ooggetuie het ’n wit motor skielik by aan-komende verkeer verbygesteek en Alan se fiets op die kant getref. Die fiets was vir 150 meter buite beheer en Alan en Nadine is soos lappoppe rondgeslinger, terwyl die bestuurder in sy motor bly sit het.

Nadine se regterbeen was onmiddellik vergruis. Alan se arm en voet is gebreek, terwyl die helfte van sy kuit feitlik afgeskeur was.

Die ambulans het veertig minute later opgedaag en hulle na Port Elizabeth vervoer, nadat konstabels van die SAPD die ongelukstoneel besoek het. Haar been is dieselfde aand geamputeer; en weens bloedsomloopprobleme en onhoudbare pyn, het Alan vanjaar op 28 Junie sy regterbeen laat amputeer. Hy het tien operasies ondergaan. Nadat Nadine later geval het, moes sy weer terug teater toe. Alan is twee keer in die hospitaal bygebring nadat sy hart gaan staan het.

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur teen die motorbestuurder kom binnekort weer voor die hof.

Hulle is filosofies oor die skielike ommeswaai in hul leefstyl. Dit het gebeur, daar is geen kwade gevoelens nie. Hy bewonder haar lojaliteit, en sy opregte vriendskap steun haar. Hulle kyk uit na die toekoms, want hulle ge-loof is geanker.

Brian Paddy, self ’n geamputeerde, skryf: “Hulle liefde het aanhou groei, en ek en my vrou Jenny was bevoorreg om hierdie pragtige paartjie (op 2 Oktober, vanjaar) te sien trou. Jy moes sluk aan die knop in jou keel en trane afvee toe hulle met hul prosteses in die gang afstap. Ons wens julle begrip toe op jul reis in die toekoms. Julle is ’n inspirasie vir almal wat teenspoed moet oorkom.”

As ’n sprokie ’n moeilike verhaal is om te glo – hierdie een is nie. Hulle is dapper en staan sterk. Hulle het oorwin.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.