Alle oë nou op Oos-Kaapse damme

2016-08-04 06:00
Die inhoud van die De Mistkraaldam in die Kougastreek het van 73,4% na 84,2% gestyg. Foto: DEPARTeMENT VAN WATERWESE

Die inhoud van die De Mistkraaldam in die Kougastreek het van 73,4% na 84,2% gestyg. Foto: DEPARTeMENT VAN WATERWESE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Port Elizabeth. – ALLE oë is op die Oos-Kaapse damme se watervlak ná die afgelope tyd se stewige reënbuie en sneeuneerslae.

Die jongste meting toon dat die provinsie se damme gemiddeld 66% vol is – 13% laer as verlede jaar dieselfde tyd (79%).

Die Churchilldam se watervlak is tans 63,5% en die Loeriedam – wat as balanseerdam dien vir water uit die Kougadam – is maar 33,6% vol.

Volgens Pierre Joubert, uitvoerende direkteur van die Gamtoos-besproeiingsraad, is die Kougadam se watervlak nou sowat 66%.

“Dis 1,5% meer as ’n week gelede,” sê Joubert. “Dis nie juis iets om oor huis toe te skryf nie, maar dis seker beter as dat die watervlak daal.”

Die De Mistkraaldam, met die Klein-Visrivier as wateraar, het wel van 73,4% na 84,2% gestyg.

Die Elandsdriftdam, wat deur die Groot-Visrivier gevoer word, het aansienlik gestyg – van 41,5% na 67,3%.

Die Gcuwadam by Butterworth het egter binne ’n week van 67,7% na 39,7% gedaal.

Dié dam – wat volgens inligting van die departement van waterwese die grootste afname getoon het – was teen verlede jaar dié tyd vol.

Intussen het die Departement van Landbou, bosbou en visserye gewaarsku dat die droogte in groot dele van die land voortduur. ’n Groot deel van die winter­reënvalstreek het wel goeie reën gehad. “Hoewel watervlakke in die hoofdamme in sekere provinsies verbeter het as gevolg van die reën, is die meeste damme steeds leër in vergelyking met die vorige jare se syfers oor dieselfde tydperk,” het die departement in ’n verklaring gesê.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.