Anmagreth: Kleurryk en in die kol

2018-02-22 06:00
Anmagreth van der Merwe van Patensie - suksesvolle modeontwerper, grafiese kunstenaar en eienaar van Boer-e-Nooi - spog met nasionale en internasionale klante sedert haar droom van ’n eie klerereeks in 2011 begin vlerke kry het.                      Foto’s:VERSKAF

Anmagreth van der Merwe van Patensie - suksesvolle modeontwerper, grafiese kunstenaar en eienaar van Boer-e-Nooi - spog met nasionale en internasionale klante sedert haar droom van ’n eie klerereeks in 2011 begin vlerke kry het. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE lig stroom wit deur die vensters van Die Handelsmark in Patensie. Dit weerkaats oor die vloer en teken ’n blink randjie om Anmagreth van der Merwe se gesig en ligrooi hare wat weerbarstig teen die los haarstyl stry.

Dié suksesvolle modeontwerper, grafiese kunstenaar en eienaar van Boer-e-Nooi spog met nasionale en internasionale klante sedert haar droom van ’n eie klerereeks in 2011 begin vlerke kry het.

Sy het die waagmoed van ’n entrepreneur. Altyd gereed om iets nuut te probeer. En as dit misluk, probeer sy net weer - dié keer met ’n ander invalshoek.

Die begin

Sy was van kleins af deur die kreatiewe wêreld betower - wat uiteindelik haar passie en werk geword het.

Anmagreth, wat mode- en tekstielontwerp by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth studeer het, het nooit gedink sy sal in die modebedryf beland nie - tot sy haar beroepskeuse moes maak.

Sy begin opgewonde oor haar liefde vir kuns vertel: “Ek is ’n skepper en was nog altyd lief vir verf, teken en ontwerp. Eintlik vir alles wat mooi en kleurvol is. Tussen kuns en ontwerp, was die van ’n mode-ontwerper die meer verstandige keuse. Mense sal altyd klere dra, maar hulle hoef nie noodwendig kuns te koop nie. Deur ontwerp kan ook my kuns uitleef.”

Pas uit universiteit, het sy in 2011 die eerste Boer-e-Nooi ontwerpstudio en boetiekwinkel in ’n klein woonstel in Patensie begin. Hier het sy van die klere wat sy tydens haar derde jaar op universiteit ontwerp het, asook die ontwerpe van haar vriendinne verkoop.

Benewens dié ontwerpe, het sy klere vir vroue op be-stelling gemaak.

Anmagreth frons ligggies: “Ek het gou besef ek voel te ingeperk as mense vir my sê wat hulle wil hê en ek nie my eie kreatiwiteit kan gebruik nie.

“Ek wou my eie identiteit ontwikkel. My eie nis ontdek.”

So is die suksesvolle Boer-e-Nooi klerereeks gebore.

Boer-e-Nooi klerereeks

Haar gesig straal van passie: “Ek wou iets skep wat eie aan ons omgewing is - dit moet by die plaas en platteland inpas. Dit moet gemaklik wees, maar ook mooi en netjies. Nie uitspattig of uitloklik nie. Vroue moet ten alle tye stylvol, gemaklik en mooi voel.”

Dit is presies wat haar Boer-e-Nooi klerereeks is.

“My reeks gee my die geleentheid om met elke ontwerp ’n storie te vertel. En ek kan my liefde vir kuns en digkuns hierby inkorporeer.

“Elke ontwerp kom uit my hart en is eie aan wie en wat ek is.”

Met hierdie vroulike, vleiende ontwerpe waarop windpompe en voëls onder meer pronk, maak die talentvolle ontwerper vir haarself naam.

Sy skryf die suksesvolle klerereeks, wat op sosiale media beskikbaar is, aan ’n kombinasie toe: haar ewige behoefte om skeppend en kreatief te wees, haar kleurvolle persoonlikheid en harde werk.

Sy werk tans aan die volgende Boer-e-Nooi klerereeks. Vir dié reeks wat in April vanjaar beskikbaar sal wees, onwikkel Anmagreth self die materiaal en kleur.

“Die jaar gaan vol kleur wees. Daar is niks soos die kleure van ’n reënboog om iemand te laat glimlag nie.”

Sy kyk rond en fladder met haar hande op die vraag waar haar inspirasie vandaan kom. “Die Here is my grootste inspirasie. Kleur inspireer my. En die natuur - veral hoe twee uiterstes in perfekte harmonie saamwerk. Dinamiese mense help my om te besef om meer te weeas as wat ek is, en om elke uitdaging positief aan te pak.

“My emosies en lewensreis inspireer my - ek dig en skets daaroor en dit weerspieël in my ontwerpe.”

Nóg produkte

Die nuutste lyn in die Boer-e-Nooi reeks is Boer-e-Nooi Hout: houtprodukte soos opdieningsplanke, skinkborde en wynrakke met haar kenmerkende kunswerke daarop.

Dan is daar ook die Boer-e-Nooi HUIS reeks, wat uit dekor-items van herwinde materiaal sal bestaan. Items sluit in vatlappe, tafellopers en servette.

Anmagreth is tans besig om haar Boer-e-Knaap reeks uit te brei. Hoewel sy nog nie ’n volledige reeks het nie, is daar reeds hempde, braailappe, blikbekers en voorskote vir mans.

Herwinning en werkskepping

Vir haar is dit ’n groter prentjie as net klere: jy moet kan uitreik na ander, omgee.

Sy glo sterk aan die bevordering van werktrots, ont-wikkeling van vaardighede en om ’n verantwoorde-likheidsin by mense te kweek - veral onder die beskikbare arbeid van die omgewing.

Nie net bied sy naaldwerkopleiding aan vroue van Ramaphosa Village aan nie, maar sy het ’n herwinnings-projek - Boer-e-Nooi HERWIN - vir die vroue van plaaswerkers net buite Humansdorp begin. Die projek word aangebied in samewerking met ’n goeie vriendin wat vir ’n nie-winsgewende organisasie bemagtigingswerk onder die vroue doen.

Alle afvalmateriaal word na die vroue gestuur, wie op hul beurt die materiaal sny en verwerk om produkte met die hand te vleg en te hekel. Die produkte word dan as deel van die Boer-e-Nooi reeks verkoop.

Anmagreth glimlag: “Nie net verdien hulle ’n inkomse nie, maar hul tyd word produktief aangewend en hulle voel waardig.”

Haar omgee vir ander eindig nie hier nie.

Sy is tans besig om in samewerking met ander rolspe-lers, ’n sellfonderhoudende klerefabriek - Cut, Make & Trim (CMT) - van stapel te stuur.

Hier wil sy die plaaslike gemeenskap in naaldwerk en ontwerp touwys maak, sodat hulle as subkontrakteurs vir ontwerpers en klerevervaardigers in die klein- en groothandelbedryf kan werk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.