Astonbaai se onbesonge helde

2018-02-22 06:01

“HELDE word in ’n krisis gebore” is ’n gesegde wat net gedeeltelik waar is; want eintlik word hul karakter jare lank geslyp, sodat hulle in tyd van nood die regte ding doen.

Sulke mense het twee weke gelede weer hul staal gewys toe ’n onverwagse brandgevaar in Astonbaai gedreig het om handuit te ruk en huise te verswelg. Die brand, wat op 5 Fe-bruarie skynbaar veroorsaak is deur iemand wat ysters met ’n slypmasjien gesny het, het droë gras laat vlam vat wat nabygeleë huise bedreig het. Die brand is onder beheer gebring, maar ’n sterk westewind het láát Maandagaand en Dinsdagmôre weer die vlamme begin aandryf.

Sommige inwoners van die dorpsgebied wat naaste aan die brand was, het dadelik ingespring en ’n reddingspoging van stapel ge-stuur deur ander betrokkenes vir bystand te kontak. Yolande Ter Haar het haar niggie Natasha de Klerk geskakel om te vra of Corney de Klerk sy mobiele watertenk beskikbaar kan stel. Rudie Ter Haar het van sy werk af gehaas en dadelik saam met sy skoonpa, Oppies Opperman en ander mense emmers water aangedra om die vuur van die huise weg te hou. Meer helpers het opgedaag en ’n yslike poging begin om met emmers na die vuur te hardloop.

Louise Saayman het op haar eie die verkeer probeer beheer voordat verkeersmanne opgedaag het. Intussen het ’n man wat net as Peet geïdentifiseer is, gehaas om ’n dik brandslang by ’n private instansie te leen. Dié is aan ’n munisipale brandkraan verbind en oor die pad gelei. Daar is veral gekonsentreer om ’n huis se grasdak nat te hou, sodat dit nie vlamvat nie. Vlamme wat onder ’n ander dak uitgeslaan het, is ook geblus.

Corney de Klerk het gereageer deur sy watertenk beskikbaar te stel en daarmee dele van die vuur te beheer. Mans en vrouens het verskeie individuele brande met emmers water probeer blus. Ook twee brandweerwaens is ontplooi wat met knap optrede die vuur onder beheer gekry het.

Inwoners van die gebied maak met dank melding van verskeie vroue in die omgewing wat drinkgoed aangedra het. Lede van die Dorp Van Drome, waaronder Tillie Bothma, Ria du Toit en Erika Dickson, het sop en brood aan die moeë brandblussers voorgesit.

Deur hierdie grootse optrede het ’n bedui-dende aantal mense getoon dat hulle ’n tragedie kan verhoed deur by die nood van ander betrokke te raak. “Die teenoorgestelde van liefde is nie altyd haat nie,” het iemand gesê, “maar onverskilligheid.” Nie net het mense saamgespan in ’n noodsituasie nie, maar die unieke wyse waarop elkeen ’n bydrae gelewer het, spreek van omgee en dapperheid en medemenslikheid.

In krisis-oomblikke is daar steeds Wolraad Woltemades en dapper krygers onder ons – al vind die slag nie altyd ter see of op ’n oorlogsterrein plaas nie. Aan hierdie helde wil die dorp sê: “Mooi so! Julle bring lig in die duisternis.” Veral die mense wie se name nie genoem is nie, maar wat ewe onbaatsugtig gehelp het, verdien ’n spesiale woord van waardering.

Helde word nie noodwendig in ’n krisis gebore nie – hulle gaan net vreesloos tot aksie oor.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.