Astonbaai se strand ’n skande

2017-11-23 06:00
Die toestand van die eens ‘n pragtige Astonbaai-strand langs die uitloop van die Seekoeirivier is so skandalig dat seker baie min daaraan gedoen kan word voor die komende vakansieseisoen. Foto:VERSKAF

Die toestand van die eens ‘n pragtige Astonbaai-strand langs die uitloop van die Seekoeirivier is so skandalig dat seker baie min daaraan gedoen kan word voor die komende vakansieseisoen. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE toestand van die eens ‘n pragtige Astonbaai-strand langs die uitloop van die Seekoeirivier is so skandalig dat seker baie min daaraan gedoen kan word voor die komende vakansieseisoen.

Dié swem- en ontspanplek wat vroeër die dorp se trots was, is totaal vervalle. Dele van die gemeenskapsaal en toilette is niks beter as murasies nie. Sand en ou motorbande, geroeste dromme en pype, bourommel en hout en staal is rondom die geboue gelos. Ruite is stukkend ge-slaan, sand lê binne-in die saal, gras is lank en slordig, ’n keermuur teen hooggety is afgebreek en die stene verwyder.

Die afgelope Maandag was ’n enkele munisipale wer-ker, gewapen met ’n graaf, in ’n lagwekkende stryd teen tonne seesand gewikkel. Dit herinner aan die onlangse poging om die Seekoeirivier met twee pompies te beheer. Die hele parkeerarea is onder dik sand bedek. Banke is lankal afgebreek en weggedra. Die kanaal wat die See-koeirivier se uitloop na die see moet lei, is al dekades lank oorgroei en daar is onlangs selfs ’n sandpad daaroor gemaak – oënskynlik om aan munisipale werkers toegang tot die saal te bied. Die verf-poging laat die toestand nog erger lyk, want dit is bloot ’n kosmetiese toevoeging wat die res van die slordige geboue en strand nog meer beklemtoon.

’n Inwoner van die dorp skryf aan Kouga Express: “Ek stuur aan u foto’s van die publieke fasiliteite by Astonbaai-strand. Die toestand is, om die minste te sê, ’n skande. Hoe verwag ons dat vakansiegangers die strand moet geniet as die totale parkeerarea onder dik sand bedek en toilette onbruikbaar is? Ek wens raasdslede wil die strand-area besoek om die gemors te sien. Astonbaaiers betaal groot munisipale heffings – en dít terwyl Jeffreysbaai-strand Blouvlag-status het en Astonbaai-strand onbruikbaar is. Ons is enkele weke weg van die vakansieseisoen. Gaan iets gedoen word? Ons is onbeskryflik skaam oor ons strand.”

Intussen het ’n bakkie van ’n plaaslike glasmaatskappy Maandag die verlate strand besoek. Is dit om ruite te vervang? Met watter doel, as die eiendom en strand nie be-veilig word nie? Hoe lank gaan die ruite heel bly – ’n maand, ’n dag? Daar is, volgens ’n FB-inskrywing, pas weer mense aangeval tussen Astonbaai en die strand onderkant die Martinique. Solank daar nie drasties opgetree word teen alle kwaaddoeners nie, sal die vernietigs-kultuur voortduur.

En, natuurlik, al herstel die munisipaliteit alles binne die volgende paar weke, kan ons maar ná die vakansietyd sommer dadelik die dae begin aftel tot algehele chaos weer ingetree het?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.