Astonbaai-vandale haal ou streke uit

2017-12-21 06:00

LEDE van die publiek het die afgelope week met woede gereageer toe vandalisme weer begin kop uitsteek het op Astonbaai. Die sogenaamde “Katstad” tussen die rotse by die strand naby Tapas en Walskipper was dié keer die teiken.

’n Inwoner van Aston het andere ingelig dat die bekende houthuis waarin katte skuil, gebreek en van die konstruksie se skroewe losgeruk is. Die vandale het die katte se kombers gesteel en hul eie sigarette en ’n aansteker in die vernielde houthuisie gelos.

Skenkers van die sierlike houtskuilings, voedsel en ander geriewe is vol wrewel oor dié onnodige en sinnelose gedrag. Een inwo-ner het van die boosdoeners weggejaag, en beide ouers en kinders het aggressief gereageer. Iemand het ’n opname van twee blanke kinders gemaak wat herhaaldelik op die geboutjie se dak klim en afspring. Ander kinders gaan binne-in die huisie en verwilder die katte.

Katliefhebbers wat hierdie diere onder hul sorg geneem het, is verontwaardig oor ouers se gebrek aan dissipline en verantwoorde- likheid. Te oordeel na die taalgebruik en dreigemente van sommige lede van belangegroepe lyk dit asof oortreders in hul spore moet trap.

Terwyl daar die afgelope paar weke daadwerklike pogings aangewend is om planne in werking te stel vir dissipline op die strand, sodat vakansiegangers nie allerlei skurkery ten prooi val nie, lyk dit nie asof almal saamwerk nie. Die kennisgewing wat onlangs op die strand aangebring is om mense teen boosdoeners te waarsku, het inwoners met hoop gevul. Maar volgens ’n ampsdraer van een van Aston se belangegroepe het een sakeman teen die kennisgewing beswaar gemaak, omdat dit glo sleg is vir sy besigheid.

Dit het dalk tyd geword dat sakemanne en die res van die dorp begin saamwerk vir die veiligheid van die strand-area en die woongebiede. As sommiges net na hul eie belang omsien, sal ander se gesamentlike pogings nie slaag nie.

Lede van die publiek word gevra om hul oë oop te hou vir enige karakters wat agterdog wek en skynbaar doelloos in die strate rondhang. Net as alle wetsgehoorsames in Jeffreysbaai mekaar se veiligheid op die hart begin dra, sal die dorp veiliger word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.