Bank-kliënte moet versigtig wees met bankbesonderhede

2018-11-08 06:01

’n Kliënt van ’n bekende handelsbank het Dinsdagoggend op sosiale media ’n dringende waarskuwing aan bank-kliënte gerig om versigtig te wees met die hantering van hul bankbesonderhede – veral wanneer hulle ’n skynbaar amptelike oproep van die bank ontvang.

Die waarskuwing is niks nuut nie, aan-gesien banke voortdurend hul klante oor dieselfde probleem aanspreek.

Volgens die man het hy ’n oproep van sy bank (waarvan die naam weerhou word) ontvang waarin ’n vrou haarself as ’n bankamptenaar voorgedoen het. Sy was in besit van sy volle name, ID-nommer en kaartnommer.

Volgens haar het iemand drie transaksies aanlyn probeer beklink en die kliënt se besonderhede as koper deurgegee.

Sy beweer die bank het onraad vermoed en die transaksies eers op ys geplaas totdat hulle met hul rekeninghouer geskakel het. Hulle was glo gereed om die aankope uit te stel totdat die man kon bevestig dat dit wel hý was wat die aanlyntransaksies wou doen. Sy het toe die man versoek om sy naam en ID-nommer (soos deur haar deurgegee) te bevestig. Hy moes net die drie laaste syfers op die agterkant van sy kaart aan haar gee.

Hy het beswaar gemaak, maar sy het weer die bank se naam genoem en gesê die gesprek word op band opgeneem. Hy wou egter haar naam hê, en sy het weer die bank se naam en haar eie, Mandy, genoem, asook ’n telefoonnommer waar hy haar kan bereik. Hy het belowe om haar terug te bel, maar het in stede die bank se bedrog-afde-ling gebel.

Hy sê sy was baie oortuigend, maar die bank het hom gewaarsku om onder geen omstan-dighede die drie laaste syfers agterop sy kaart aan enige iemand beskikbaar te stel nie.

Hy het gevoel om hierdie gebeure met die publiek te deel, omdat kaartbedrog so ’n groot probleem is en omdat internet-skurke al meer hul metodes verfyn om eerlike lede van die publiek in te loop.

Die bank het teen druktyd nog nie op na-vrae reageer nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.